Familie vriendelike safari – wildbesigtigingsritte en bos wandelinge pasgemaak vir kinders
Hoë waarskynlikheid van Groot 5 besigtiging en vele ander spesies wat in die area woon
Naby aan ’n natuurlike watergat geleë
Boma maaltye – buitelug kampvuur etes
Privaat en intieme ligging
Gomo Gomo Game Lodge se intieme en rustige ligging verseker ’n balans tussen safari opwinding en vakansie ontspanning. Gomo Gomo Game Lodge spog daarmee dat hulle ’n familie-oriënteerde lodge is; ’n ideale safari bestemming vir oud en jonk. Die kamer is van natuurlike, plaaslik geproduseerde grasdakke gebou wat die kamers heerlik koel in die somer maande hou.
Al die kamers is gemaklike gemeubileer en die ideale ontspanningsplek. Gedurende die hitte van die middag kan jy vir jou ’n gemaklike plek op die buitelug platvorm kry en kyk hoe ’n verskeidenheid diere hul dors by die watergat kom les.
Kinders kan in die plonspoel op die platvorm, onder die huilboerboom, baljaar. ’n Verfrissende middagete word in die gemeenskaplike eetare bedien, naby die besigtigingsdek. By Gomo Gomo Game Lodge kan jy met ’n ys-koue drankie ontspan en met die ander eenderse reisigers van die lodge sosialiseer om ’n hartlike bord kos.
Wildbesigtigingsritte is toeganklik vir kinders van alle ouderdomme en die 4x4-voertuig sal jou sommer reg voor jou deur kom optel. Aande word om die oop vuur in die tradisionele boma spandeer by Gomo Gomo Game Lodge. Maak herinneringe wat jou ’n leeftyd sal hou met jou geliefdes, soos wat almal hulle hoogtepunt van die dag deel.
Goma Goma Game Lodge het ’n moeite-lose safari ervaring ontwerp. Hier kan jy terugsit en die bederf van die Afrika bosveld geniet. Goma Goma Game Lodge is die ideale wegbreek bestemming vir solo reisigers, groepe en families wat saam toer.