Goma Goma Game Lodge se voertuig-safaris is gepas vir ontdekkers van alle ouderdomme.
Opgeleide gidse sal jou op bekende roetes in beide die oggend en die laat middag neem. Kinders van alle ouderdomme is welkom op hierdie ekskursies en sal daarom ’n spesiale ervaring vir die familie wees. Die Groot 5 en meer as 300 voëlspesies noem die reservaat ‘huis’. Gidse word met plaaslike Shangaan spoorsnyers vergesel, wie jou meer sal leer oor die belangrike rolspelers en belang van hierdie spesiale eko-sisteem.
Bos wandelinge by Goma Goma Game Lodge sal jou neem op ’n opwindende stap deur die reservaat se natuurskoon. Leer hoe om diere se spore te lees en ontdek ’n geheime wêreld van fauna en flora.
Spesiale korter wandelinge om die kamp is beskikbaar vir kinders onder die ouderdom van 12-jaar. Hierdie wandelinge se veiligheid en plekke van belang is aangepas vir kinders. Ouers kan dus ontspan terwyl die kinders die kamp (met supervisie) ontdek.