Luuksheid in die Bos
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Die Kariega River Lodge is ’n eksklusiewe rivier lodge in die Kariega Wildreservaat in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Volumineuse grasdak suites, weggesteek op die bed van die Boesmansrivier
Daaglikse bootritte op die rivier na Kenton-On-Sea
Kombineer bos en see avonture met pieknieks op die strand
Kanoe avontoer en visvang
Geen kinders onder die ouderdom van 10-jaar

Jou Ervaring

Die Kariega River Lodge is in die familie besitte en bestuurde Kariega Wildreservaat geleë. Die lodge bied jou met die beste van twee wêrelde; ’n tradisionele safari ervaring in ’n Groot Vyf reservaat, asook ’n wegbreek langs die kus. Die dramatiese uitsigte en verskeidenheid biomes kombineer beeldskoon en bied jou met ’n bosveld ervaring wat al jou verwagtinge sal oortref. Tydens jou verblyf by hierdie eksklusiewe rivier lodge in die Kariega Wildreservaat sal jy koninglik bederf word deur vriendelike personeel.

Die personeel werk toegeweid om te verseker dat elkeen van jou behoeftes vervul word. Diens is persoonlik, maar nie oorheersend nie en jy word mooi na omgesien tydens jou verblyf, maar dit voel nooit asof jou privaatheid oorskry word nie.

Die opulente suites se privaat besigtigingsdekke gee jou oneindigende wildbesigtigings geleenthede sonder dat jy eers die gemak van jou kamer hoef te verlaat. Dít maak van Kariega River Lodge ’n bekende wittebrood reisigers opsie.

Die grootste sorg word geneem om te verseker dat elke gas die lodge ontspanne, verfris en met baie herhinneringe verlaat. Kariega River Lodge los jou met vele redes om terug te kom vir nóg ’n safari wegbreek.