Luuksheid in die Bos - Aktiwiteite
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Weggesteek op die prentjie mooi bed van die Boesmansrivier, Kariega River Lodge bied jou die geleentheid om met die natuurskoon van die Kariega Wildreservaat in aanraking te kom.

Wildbesigtiging

Die 9000 hekter reservaat bestaan uit ’n verskeidenheid eko-sisteme en is die tuiste van meer as 25 spesies soogdiere, insluitend leeu, olifant, buffel, wit renoster, hiëna en kameelperd.

Die twee daaglikse wildbesigtigingsritte sal die middelpunt van jou safari wegbreek vorm, maar jy kan ook ’n stap safari in die afgesonderde roofdier-vrye seksie van die reservaat aanpak. Spandeer tyd om die skoonheid van die bosveld in te neem en maak gebruik van die ongelooflike fotografiese geleenthede.

Die reservaat is ’n populêre bestemming vir entoesiastiese voëlkykers, omdat dit meer as 280 voëlspesies het wat binne die grense van die reservaat nes maak. As jy opsoek is na ’n dieper safari ervaring, kan jy ’n begeleide stap safari, onder die leiding van ’n kenner gids, aanpak. Jou gids sal jou alles sal vertel van die fauna en flora van die area. Ander eksklusiewe aktiwiteite sluit ’n bootrit en krappe vang in, asook ’n opsionele daaglikse bootrit na Kenton-on-Sea om die beeldskone strande te besoek.

Bos Etes

By Kariega River Lodge maak ervare en toegeweide kombuis personeel heerlike Suid-Afrikaanse disse met hope liefde. Ontbyt word daagliks in ’n toegeweide ontbyt area bedien. Aandete opsies bestaan uit ’n a la carte restaurant en ’n gesellige buitelug boma area. Die kroeg bedien ’n verskeidenheid plaaslike en internasionale drankies en sal jou dors les terwyl jy by hierdie eksklusiewe rivier lodge bly.