Idiliese Ruimte - Aktiwiteite
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Die maaltye by Kariega Ukhozi Lodge word óf in die restaurant, óf in die buitelug boma (in die aande) bedien.

Wildbesigtiging

Die twee-daaglikse wildbesigtigingsritte vorm die middelpunt van jou safari by Kariega Ukhozi Lodge. Goed-ingeligte, vriendelike gidse sal jou uitneem in ope-lug 4x4-voertuie om die wild te gaan aanskou. Die wildbesigtigingsritte se tye wissel somtyds as gevolg van die weer en seisoen, maar vind oor die algemeen vroeg in die oggend en laat in die middag plaas.

Die oostelike deel van die reservaat is roofdier-vry en jy kan veilig die area verken. Tydens jou ontdekkingstogte sien jy dalk een van die meer as 25 spesies wild, asook die verskeidenheid voëllewe. Die staproetes is almal goed gemerk.

Kariega Ukhozi Lodge se geleide wild wandelinge is ideaal vir dié wat opsoek is na fisiese aktiwiteite wat hul toelaat om die bos met al hul sintuie te verken. Tydens jou besoek aan Kariega Ukhozi Lodge sal jy die geleentheid kry om met die ‘Kariega Queen’ op die Kariegarivier te vaar. Gaste wat dit geniet om nou en dan vis te vang, is meer as welkom om hul eie stokke en toerusting saam te bring.

Bos Maaltye

Jou dag begin met heerlike vars koppie koffie en beskuit. Laat in die oggend, na die eerste wildbesigtigingsrit, word ’n hartlike ontbyt bedien.

In die middag kan jy heerlike peuselhappppies en bederfies geniet, voordat jy uitgaan vir nog ’n wildbesigtigingsrit en skemerkelkies in die bos. Na jou rit kan jy terugkom kamp toe en drankies langs die vuur en ’n heerlike aandete geniet. Die goed gevulde kroeg het ’n verskeidenheid wyn, bier en koeldranke op aanbod.