Wêreld Beroemde Voëlkyk - Aktiwiteite
Mkhuze Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Mkuze bied wildbesigtigingsritte aan, maar een van die lekkerste aktiwiteite hier is om ’n self-ry safari te onderneem.

Wildbesigtiging

Die panne (Nhlonhlela en Nsumo) in die reservaat is perfek vir fotografie, aangesien dit die grootste volume diere lok – veral in die wintermaande. Vier wildbesigtigingskerms is langs die Kububbe, Kumasinga, Kumahlala en Kwamalibala panne geleë. Sommige van die diere wat jy hier kan sien sluit in olifant, kameelperd, njala, blou wildebees, vlakvark, seekoei, impala en koedoe. Rare spesies wat hier voorkom is die hiëna, suni en luiperd. 

Voëlkyk

Gedurende die droër winter kom groot konsentrasies voëls naby die watergate bymekaar. Die voëlskerms bied unieke geleenthede vir entoesiastiese voëlkykers om sommige van die 400 spesies, wat hierdie natuurreservaat huis noem, te sien. As jy gelukkig is, sien jy dalk net hoe ’n visarend in die water in duik om sy prooi met sy magtige kloue te vang, voordat hy dit in ’n naby geleë vyeboom gaan eet. Die Vye Woud Geleide Staproetes (gelei deur ’n gids) moet nie misgeloop word nie. Hierdie kort dag wandeling hou omtrent 2 ure aan. Voël-besigtigingslysies is by die aandenkingswinkel beskikbaar.

DumaZulu Tradisionele Gemeenskap

Kulturele vertonings by DumaZulu Kulturele Gemeenskap word daagliks opgevoer, gevolg deur ’n tradisionele gekookte Zulu middagete. ’n Besoek aan hierdie plaaslike gemeenskap sal jou meer insig gee oor die tradisies en kultuur van die inwonende Zulu mense. 

Zulu Krokodil Reptiel Park

Zulu Krokodil Reptiel Park naby Lake St Lucia Park bied ’n twee uur krokodil -en slang ervaring aan wat jou toelaat om naby aan hierdie interessante diere te kom. Dit is ’n prettige aktiwiteit vir die kinders – en opvoedkundig ook. Die bestuurder gee daaglikse praatjies oor die slange, veral die Afrika luislang. Maak seker jy sien hoe die krokodile gevoer word!

iSimangaliso Vleiland Park

Vanaf Mkhuze Wildreservaat is dit maklik om na iSimangaliso te ry vir ’n daglange ekskursie. Ontdek die unieke eko-sisteem met swamme, mere en strande. Die park se middelpunt is die St. Lucia meer, wat die tuiste is van ’n aantal seekoeie, krokodille, pelikane en flaminke. Renosters, kameelperde en luiperds word weer gereeld in die grasvlaktes gesien. Die park is massief en daar is hope om te ontdek, so onthou om vir jou ’n piekniekmandjie in te pak en ’n plekkie te met ’n uitsig oor die meer te kry.