Mkhuze Wildreservaat bied verskeie akkommodasie opsies aan met die klem op luuksheid en gemak.
Mantuma Camp
Mantuma bied 6 hutte met twee beddens, elk met ’n gemeenskaplike ablusieblok en kombuis, 4 chalets met twee beddens, 5 chalets met vyf beddens en 2 kothuise met ses beddens en almal is self-sorg. Besoekers moet hul eie kos en drank bring. Die eenhede word daagliks skoongemaak, maar gaste word verwag om self skoon te maak nadat hulle gekook het. Daar is geen kragpunte vir ’n elektriese skeer nie.
Tented Safari Camp
Die tent safari kamp bestaan uit 10 twee-bed tente en 3 vier-bed tente, elke toegerus met ’n kombuis, en-suite geriewe, Eskom-krag, ys-kas, breekgoed en beddegoed. Besoekers moet hul eie kos bring en self daarna skoonmaak. Die tente word elke dag gediens.
Nhlonhlela Bush Lodge
Hierdie 8-bed lodge kyk uit oor die Nhlonhlela Pan. Al die eenhede is en-suite en gekonnekteer met plankpaaie vanaf die gemeenskaplike ontspanningsarea en kombuis. ’n Kok/huishoudster is elke dag beskikbaar en daar is ook ’n gids wat besoekers op stap safari’s kan neem. Hierdie lodge maak van ’n sonkrag-sisteem gebruik. Flitsligte en gasligte word aangeraai.
Campsites
Die kampeerterrein is naby die Emshopi ingangshek geleë en akkommodeer tot 100 besoekers, met warm en koue water ablusies. Elektrisiteit word met ’n kragopwekker tussen 05:00 - 08:00 en 17:00 - 22:00 voorsien.