Wêreld Beroemde Voëlkyk
Mkhuze Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Mkuze Wildreservaat in Noord Zululand bied self-sorg akkommodasie opsies, met wêreld beroemde voëlkyk geleenthede en wild besigtiging ervaringe.

Hoogtepunte

Woud roetes en bos wandelige
Oorvloed wild besigtiging in 4x4-voeruite of self-ry roetes
Piekniek en braai areas
Ten minste 400 spesies voëls in die omgewing
Self-sorg opsies, chalets, hutte en tent-kampe

Jou Ervaring

Hou jy nie daarvan om met ’n groep saam te drentel nie? By Mkhuze Wildreservaat het jy die vryheid om self te ry en die roetes van jou keuse te voet te ontdek. Jy kan jou eie daaglikse skedule bepaal en jou ervaring tot jou voorkeur aanpas.

Dink jouself in hoe lekker dit is wanneer jy die geroep van ’n leeu, eerder as die geraas van karre in die verte hoor. By hierdie Suid-Afrikaanse natuurreservaat sal jy tussen die diverse habitatte vir jou ’n natuurhemel vind waar jy in vrede na die geluide van die natuur kan luister.

Die digte bos, panne en woude gevul met vye bome vorm interessante habitatte vir ’n verskeidenheid voëls (400 spesies om presies te wees) en soogdiere soos nagapies, duikers, sebra, kameelperd en buffel. Kyk uit vir die blou apies wat al geleer het om maklike peuselhappies om die kamp te steel. Ander dierspesies wat in die Mkuze Wildreservaat gevind word sluit in die swart en wit renoster, olifant, hiëna en selfs die Afrika wilde hond - nou op die lys van bedreigde spesies.

Of jy nou ’n paartjie, familie of ’n groep is, Mkhuze Wildreservaat bied self-sorg eenhede en gemeenskaplike kombuis areas aan wat goed toegerus is om al jou behoeftes te vervul. Vir heerlike maaltye kan jy Mantuma Camp se Rhino-dine-O probeer. Dit bied ’n reeks tipiese Suid-Afrikaanse wegneemetes aan. Dit is ’n karaktervolle eetplek wat oop is vir ontbyt, middagete en in die laat middag.