Horsefish
Perdvis

© Johan Boshoff

Naam

Perdvis

Alias

Pigfish, Racehorses

Wetenskaplike naam

Congiopodidae

Grootte

Tot 75 cm, gemiddeld 35 cm.

Identifikasie

Saamgeperste liggaam met baie prominente snoet. Konkaaf vanaf die bokant van die kop to by die punt van die snoet. Geen skubbe nie. Wit, beige, bruin en swart met onreëlmatige kolle.

Algemene Inligting

Die Congiopodidae familie bestaan uit 4 genera en 9 spesies. Val onder die orde Scorpaeniformes (skerpioenvisse). Bodemvoeders. Kamoeflering baie goed. Word dikwels aangetref in areas waar seewier voorkom. Kom voor tot op 500m. Sommige vervel soos reptiele. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van klein ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in die Suidelike Halfrond in gematigde waters.

Algemene Spesies

Spinenose horsefish - Congiodopus spinifer
Smooth horsefish - Congiopodus torvus