Magiese Wild
Hluhluwe-iMfolozi Park, KwaZulu-Natal

Ontdek die magiese wild van Hluhluwe Wildreservaat deur óf die self-ry paaie en wandelroetes te neem, óf met ’n 4x4-voertuig op wildbesigtigingsritte en ’n begeleide stap safari.

Hoogtepunte

Akkommodasie opsies sluit in die luukse Hilltop Camp, asook bos lodges by Muntulu en Munyawaneni
Hilltop Camp is ingerig vir mense met gestremdhede
Kinders van alle ouderdomme is welkom
Wildbesigtigingsritte – begelei of self-ry – asook bos wandelinge en dag-roetes
Groot 5 area met swart en wit renoster, jagluiperd, wilde honde en njala

Jou Ervaring

Diep in die hartjie van Zululand in Suid-Afrika lê een van die oudste wildreservate in Afrika - Hluhluwe Wildreservaat. Vanaf sy stigting in 1895 het die reservaat behoue gebly as ’n wildbesigtigingsparadys. Die teerpaaie op die reservaat word goed onderhou en golf op en af met die grasgroen koppies.

By hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal sal enige rit – of jy nou self-ry of ’n geleide toer onderneem – gerieflik en opwindend wees. Die reservaat beslaan meer as 96000 hektaar en het ’n verskeidenheid fauna en flora. Hluhluwe Wildreservaat is bekend vir die moeite wat hul in hul konservasie insit – veral gaande hul wit renoster.

By hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal kan beide swart en wit renosters gesien word, asook die bekende Groot 5. Reisigers wat nog nie die skaam njala gesien het nie, staan 'n goeie kans om een te sien by Hluhluwe Wildreservaat! Die reservaat se terrein bestaan meestal uit koppies en heuwels, wat somtyds met vlaktes onderbreek word.

Die vlaktes is waar die jagluiperd die meeste gesien word. Die akkommodasie opsies by Hluhluwe Wildreservaat is so uniek soos die wild. Gaste het keuses wat wissel van die vlagskip Hilltop Camp, tot self-sorg eenhede. Hilltop Camp is ’n multi-pryswenner wegbreekplek. Die bos lodges is weer rustiek en kleiner, toegerus vir gaste wat graag vir hulself wil sorg.

Hluhluwe Wildreservaat bied ook ander aktiwiteite aan, nie slegs wildbesigtigingsritte nie. By hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal kan jy self-geleide staproetes volg, daglange staproetes aanpak, ’n piekniek op ’n opwindende ligging geniet en vele meer!