Magiese Wild - Jou Verblyf
Hluhluwe-iMfolozi Park, KwaZulu-Natal

By die Hilltop Resort sal jy verskeie akkommodasie opsies op aanbod kry, van onoortreflike luuksheid tot begrotingsvriendelike akkommodasie.

Jou Kamer

Hilltop Resort

Die rondavels het twee beddens, met gemeenskaplike ablusies en ’n kombuis. Chalets kom toegerus met twee beddens of 4 beddens. Daar is ook chalets wat nie self-sorg is nie. Almal word daagliks skoon gemaak en het DSTV (behalwe die rondavels). 
Geriewe: Swembad vir gaste van Hilltop Resort alleenlik, Gelisensieerde restaurant oop vir die publiek, Aandenkingswinkel en inkopieswinkel met die basiese voorraad, Klimraam, Petrolpomp, Kinderhoekie, Wasgoedmasjien, Rolstoelvriendelik

Muntulu en Munyawaneni Bush Lodges

Die self-sorg bos lodges by Hluhluwe Wildreservaat is afgesonderd en het ’n luukse, rustieke gevoel. Elke lodge het vier aparte slaapkamers, almal en-suite en word aanmekaar gekoppel met plankpaaie. Elke kamer het ’n privaat balkon wat oor die Hluhluwe rivier uitkyk. Hierdie bos lodges is ingerig vir gaste wat vir ’n tydjie van alles wil wegkom. Perfek vir ’n groep vriende of familie wat saam tyd in die bos wil spandeer. Daar is ook ’n sentrale ontspanningsarea vir leunstoel wild besigtiging. Hierdie private lodges kan tot 8 gaste elk akkommodeer. Elke lodge het ook ’n kok/oppasser wat jou ook op geleide wandelinge kan neem. Sonkrag is die enigste bron van krag en word uitsluitlik vir die ligte gebruik. Neem asseblief kennis dat die bos lodges slegs toeganklik is met ’n 4x4, 2x4 en SUV’s wat hoog gebou is, omrede die paaie na die lodges uit rowwe terrein bestaan. 
Geriewe: Kombuis 4 slaapkamers Muskietnette Ontspanningsarea Yskas en vrieskas Gasstoof Stoep wat oor die rivier uitkyk