Ware Gasvryheid - Aktiwiteite
Hazyview, Mpumalanga

Hotel Numbi and Garden Suites is naby Skyway roetes waar gaste rustig met ’n kabel oor die natuurlike bosse en valleie langs die Sabierivier kan gly.

Skyway Roetes

Verskeie platform stopplekke langs die roete bied jou die geleentheid om die groot verskeidenheid voëls in die omgewing te sien. Daar is ook ’n hoë tou baan wat uit verskillende hindernisse bestaan en ’n reuse ‘oerwoud gimnasium’ wat geskik is vir beide jonk en oud vorm.

Mikrovliegtuig Vlugte

Verskeie skilderagtige vlugte in ’n mikrovliegtuig word aangebied. Vlugte wissel van 10min tot 90min oor die wonderlike natuurskoon, insluitend die Sabie-riviervallei, Da Gama-dam, Blyderivier poort, Bourkes Luck-kolkgate, God’s Window en die Mac Mac Watervalle.

Witwaterroeiery

As jy opgekropte adrenalien en stres het, moet jy beslis nie die witwaterroeiery misloop nie. Dit is ’n ongelooflike ervaring langs die Sabierivier en die natuurskoon van die natuurlike plantegroei maak dit ekstra spesiaal. Jy kan ook swem en by die klippe afgly by ‘Lion's Rock’.

Wildkyk Safari

Professionele toeroperateurs bied daagliks ’n opwindende wildkyk safari in oop safarivoertuie in die nabygeleë Kruger Nasionale Park.

Shangaan Gemeenskap Toere

Hotel Numbi and Garden Suites het ’n hegte band met die gemeenskap en die inwoners van die tradisionele Shangaan gemeenskap verwelkom gaste. Leer meer van die Shangaan kultuur en deel in hulle alledaagse lewe.

Konferensies

Die konferensie sentrum is ’n moderne fasiliteit, ten volle toegerus en het ook lugversorging. Dit is die ideale plek vir konferensies, spanboue en seminare.