By Hotel Numbi and Garden Suites word jy deur professionele en vriendelike personeel verwelkom.
Heerlike Suid-Afrikaanse geregte word in die drie gesellige restaurante bedien. Hier is verskeie akkommodasie tipes.
Hotelkamers
Die gemaklike kamers by Hotel Numbi and Garden Suites het ’n en-suite badkamer en DSTV. Die kamers op die eerste vloer het ’n privaat balkon waar jy rustig kan sit en ontspan en die kamers op die grondvloer het direkte toegang tot die tuin en die swembad.
Garden Suites
Hierdie luukse suites het ’n unieke styl en is ideaal vir paartjies met die privaat stoep wat op die tuin uitkyk. Elke suite het ’n en-suite badkamer, TV en lugversorging. Daar is ook familie kamers beskikbaar.
Hoofhuis
Die oorspronklike gerestoureerde hoofhuis het luukse suites met ’n privaat swembad en tuin. Party suites het ook ’n buite-stort. Twee van die suites kan verbind word wat dit ideaal vir ’n familie maak. Die romantiese wittebroodsuite het ook ’n spa bad.
Karavaanpark
Hou jy van kamp en die buitelug? Dan is die karavaanpark die beste keuse. ’n Moderne ablusieblok, elektrisiteit en waterpunte sal tot jou gemak bydra. Daar is 36 skaduryke grasstaanplekke en 24 uur sekuriteit.
Kapel
3 Restaurante
Wasgoed diens
3 Swembaddens
Spa
Wynkelder
Inligting sentrum