Ware Gasvryheid
Hazyview, Mpumalanga

Hotel Numbi and Garden Suites is in Hazyview naby die Kruger Nasionale Park geleƫ en is die perfekte basis waarvandaan die omgewing verken kan word.

Hoogtepunte

Naby verskeie avontuur aktiwiteite soos witwaterroeiery
10 Minute vanaf die Kruger Nasionale Park
Kulturele Shangaan toere
Naby 3 verskillende gholfbane
Verskeie akkommodasie tipes

Jou Ervaring

Hotel Numbi and Garden Suites word deur die eienaar bestuur en fokus op ’n gemaklike, familie vriendelike atmosfeer en akkommodasie. Hierdie netjiese hotel naby Hazyview in Mpumalanga is die perfekte basis om die pragtige omgewing te verken.

Die hotel is slegs 10 minute vanaf die Kruger Nasionale Park en gaste kan by die Phabeni of Paul Kruger hek ingaan. Dit is ook maklik om die Panorama roete te doen of aan verskeie avontuur aktiwiteite deel te neem.

Daar is 3 gholfbane in die omgewing en met die vrylopende wild kan jy sommer ’n bietjie wildkyk terwyl jy jou gunsteling sport beoefen. Gaste by Hotel Numbi kan uit verskeie akkommodasie tipes kies, van die luukse hoofhuis met ’n privaat tuin en swembad, gemaklike hotelkamers tot ’n karavaanpark met ’n moderne ablusieblok.