Rustige en Romantiese Wegbreek - Aktiwiteite
Hazyview, Mpumalanga

Summerfields Rose Retreat and Spa is die tuiste van ’n verskeidenheid voëls, asook die plaaslike seekoeie, krokodille, kleiner bokkies en apies.

Wild besigtiging

Hier kan jy diere sien wanneer jy op jou sonplatvorm ontspan en selfs wanneer jy uitgaan vir ’n wandeling op die eiendom. Met die Kruger Park wat so naby geleë is, kan jy ook maklik op ’n wildbesigtigingsrit uitgaan.

Dag Ekskursies

Tydens jou verblyf by Summerfields Rose Retreat and Spa kan jy maklik op ekskursie van die omliggende omgewing aanpak. Gaste kan Perry’s Brige reptielpark besoek op pad na Hazyview.

Suid-Afrika se beste aanskouinge, soos die Panorama roete, wat insluit Pilgrimsrus, die Blyderivierkloof, God’s Window en die Drie Rondavels is ook in die omtrek. Gaste wat meer aktief ingestel is, kan ’n verskeidenheid buitelug avonture aanpak, soos ’n mikrovliegvlug, warmlugballonrit, bergfietsry, vierwielfietsry, foefieslide en staptoere.

Gholf

By hierdie akkommodasie in die Sabieriviervallei kan jy ’n rondte gholf by die eksklusiewe Kruger Park Gholf Lodge of Leopard Creek Gholfbaan, wat slegs 15minte weg is geniet.

Die 505 meter par-five 13de is een van Leopard Creek se mees onvergeetlike gate. Hier is die groen reg op die rand van die krokodilrivier. Speel met teen ’n beeldskone rivieragtergrond. Jy kan ook die Kambaku Gholfbaan probeer, ’n 9-gatbaan geleë in Komatipoort.

Summerfields Spa

Die private spa van hierdie akkommodasie in die Sabieriviervallei is waar gaste hul liggaam en siel kan verfris. Naby die rivier geleë, die spa se geriewe sluit in ’n stoomkamer, Jacuzzi, swembad en Vichy shower. Jy het ook ’n keuse tussen koffie-velbehandeling, rose quartz stoomsessies, piesangblaar toevou en soya-kers masserings.

Maaltye

River Cafe en Summerfields Kitchen bied smaakvolle disse aan met aandag aan elke aspek van die maaltyd. Vars geknipte blomme en romanse is deel van die normale diens. Geleë op die bed van die Sabierivier, River Café het ’n bistro-styl spyskaart en is oop vir ontbyt en middagete.

Hier kan jy maaltyd in ’n idilliese omgewing geniet, met die seekoeie wat in die verte ontspan. Summerfield Kitchen restaurant is tussen die organiese tuine gebou en het ’n seisoenale spyskaart, gebaseer op wat is huidig in die tuine groei. Maaltye word ’n romantiese affêre, met kerslig, wit tafeldoeke en rose (natuurlik). Die kos is delikaat voorberei en ’n fees vir al jou sintuie.