Summerfields Rose Retreat and Spa se fokus is ontspanning, romanse en gemak.
Privaat Tented Suites
Elkeen van die luukse tent suites, weggesteek in die tuine, bied rustigheid en ontspanning. Spandeer bietjie tyd en luister na die voëls se geroep, die seekoeie se gesnork en die loop van die water. Al die suites is ontwerp met romanse ingedagte. Gemaklike beddegoed, spesiaal-ontwerp houtvloere en oorgrote beddens pas perfek in die tent suite in. Lugversorging, asook die addisionele dakwaaiers hou jou koel. Die en-suite badkamer het dubbele wasbakke, ’n buitelugstort en luukse bad, gevul met kwaliteit toiletware. Elke suite het ook ’n badkamerjas, fasiliteite om tee/koffie te maak, yskas, haardroër en elektroniese kluis.
Forest Kamer
Hierdie oop-plan houtsuite by Summerfields Rose Retreat en Spa is ruim en beeldskoon gemeubileer. Ingerig met lugversorging, toegeruste klein kamerkroeg, ’n bedekte- en oop stoep met leunstoele, ’n lessenaar area en ’n koffie stasie met ’n Nespresso masjien.
Buitelug swembad
Kroegarea
Ontspanningsarea met gratis Wi-Fi en televisie
Restaurante
Buitelug boma
Private spa
Hardloopbaan
Konferensiefasiliteite
Aandenkingswinkel
Wynkelder
Gratis, veilige parkering