Rustige en Romantiese Wegbreek
Hazyview, Mpumalanga

Wittebroodreisigers, skrywers, kunstenaars en besoekers wat opsoek is na inspirasie sal dit vind by Summerfields Rose Retreat and Spa, geleƫ in die beeldskone Sabieriviervallei.

Hoogtepunte

Geleide toere van die werkende plaas
Slegs 10 km vanaf Phabeni Hek van die Kruger Nasionale Park
Pragtige tuine gevul met kleurvolle rose, macadamia en litchibome
Uitstekende maaltye by The River Café en Summerfields Kitchen, met groente wat in die tuine gepluk is
Luuks ingerigte tent-suites

Jou Ervaring

Geleë op ’n werkende plaas in die Sabieriviervallei, Summerfields Rose Retreat and Spa is ’n wegbreek bestemming waar ontspanning eerste kom. Heirdie akkommodasie in die Sabieriviervallei word na verwys as ’n plek van “kaalvoet luuksheid”; verwag suites wat toegevou is in die natuur, met gemaklike beddegoed, lekkerruikbaddens, private buitelug storte en die aroma van vars gesnyde rose reguit uit die tuin.

Summerfields Rose Retreat and Spa is uniek en wel-bekend vir hul rose wat hulle self groei. Die roosbome leen aan die eiendom ’n romantiese atmosfeer. Die rose is prentjiemooi en skep ’n omgewing van liefde en geluk. Summerfields Kitchen gebruik natuurlike bestanddele wat plaaslik gegroei word op die plaas en kwekery in hul maaltye.

Alles is vars en organies, met spyskaarte wat aanpas by die seisoen se skatkis. By hierdie akkommodasie in die Sabieriviervallei kan op jou gesondheid en welwees fokus deur ’n besoek aan die private spa af te lê. Ontspan langs die swembad en kyk hoe die seekoeie onder in die vallei luilê. Neem ’n wandeling deur die macadamia en litchi plantasie, of gaan draf op die hardlooproete.

By Summerfields Rose Retreat and Spa is jy binne gerieflike afstand van die Kruger Nasionale Park en ander populêre attraksies soos Pilgrimsrus, God’s Window, en die Sabie waar jy wildbesigtigingsritte en ’n rondte gholf kan geniet.