Hawk Eagle
Afrika Jagarend

© Shem Compion
African hawk eagle.

Naam

Afrika jagarend (Aquila spilogaster)

Habitat

Die Afrika jagarend is versprei vanaf suid van die Sahara tot net suid van die Steenbokskeerkring in Suid-Afrika. Hulle word gewoonlik in bosgebiede aangetref. Hulle word gewoonlik gesien in heuwelagtige, ruwe areas. Hulle vermy digte immergroen woude. Die nes van die Afrika jagarend, ongeveer 3 voet in deursnee, word in die mik van 'n groot boom gemaak.

Dieet

Hulle vreet hoofsaaklik voëls tot so groot as tarentale. Francolin is waarskynlik hul hoofdieet. Die Afrika jagarend vreet ook kleiner soogdiere soos muishonde en dassies. Reptiele vorm ook deel van hul dieet.

Voortplanting

Hulle sal gewoonlik van Mei tot Julie broei. Beide die mannetjie en wyfiebroei op die eiers vir 'n tydperk van 44 dae. Slegs 1 kuiken word grootgemaak as gevolg van die ouer kuiken wat die jonger kuiken doodmaak.

Voorkoms

Grootte is medium tot groot, die bokant is swarterig; die onderkant is wit met swart strepe, behalwe op die bene, groot wit gedeeltes op die hoofvlerkvere en die agterrand aan die ondekant van die vlerk is hoofsaaklik swart. Ondervlerk dekvere is meestal swart met 'n breë streep wit kolle.