Spesiale Bos Ervaring - Aktiwiteite
Falaza Wildpark, KwaZulu-Natal

By Falaza Game Park & Spa neem ervare Zulu gidse jou op opwindende wildbesigtigingsritte in oop 4x4-voertuie om die wild op die reservaat te sien.

Wildbesigtigingsritte

Wild soos kameelperd, buffel, wildebees, blesbok, nyala en vlakvark word gereeld op hierdie ritte aanskou. Daar is ook ’n ongelooflike verskeidenheid voëllewe, veral naby die vleiland. Wildbesigtigingsritte gaan in die oggend en aand uit. Op aanvraag kan ’n aand wildbesigtigingsrit onderneem word na ete. Dit bied ’n geleentheid om die nagtelike diere met ’n soeklig te sien.

Bos Wandelinge

Vroegoggende is ideaal vir stap en by Falaza Wild Park & Spa kan gaste op genotvolle geleide bos wandelinge uitgaan. Die staproetes is nie moeilik nie en laat jou toe om naby aan die wild te kom, sonder om hulle te pla.

Strek jou bene en neem ’n vermaaklike en opvoedkundige wandeling in die inheemse bos. Hierdie bos wandelinge gee gaste die geleentheid om die skoonheid en rustigheid van die Suid-Afrikaanse bos intiem in te neem.

Bootritte

Die Mzinene rivier hardloop deur die reservaat en gaste van Falaza Wild Park & Spa kan ’n rustige bootvaart geniet. Die vier riviere wat in die Groter St Lucia Vleiland Park in voed maak die area ’n toevlug vir fantastiese voëls.

Tydens die bootvaart sal jou kenner gids en spoorsnyer byderhand wees om jou vrae te beantwoord en om die ongewone besigtinge uit te wys. ’n Bootvaart by hierdie privaat reservaat in KwaZulu-Natal kan in die oggend of/en in die aand onderneem word. Gaste kan uitsien na die sien van beeldskone voëls, seekoei en krokodil.

Kinders

Deel buitelug ervaringe en maak mooi herhinneringe met jou familie By Falaza Game Park & Spa. Kinders van alle ouderdomme is welkom by die safari lodge. Kinders word ook toegelaat om hul ouers op wildbesigtigingsritte te vergesel en sodoende kan die hele gesin die omgewing saam verken.

Die energieke gidse wat spesiaal aan kinders toegeskryf word sal die jongklomp op ’n amfibiese jagtog uitneem vir bietjie ‘frogging’. In die aande sal die gidse vir die hele familie wys hoe om die stellasies in die hemelruim uit te ken. Bos wandelinge wat spesifiek kindervriendelik is sal die jongklomp te voet die bos in neem om die groot en klein diere van die bos – op ’n veilige wyse - te sien.

Hierdie bos wandelinge is goeie maniere om kinders meer oor die natuur te leer, sodat hulle ’n waardering daarvoor kan opbou. Kinderoppassersdienste is beskikbaar by Falaza Wild Park & Spa. Ouers kan by die spa gepamperlang word terwyl hul kinders na omgesien word met vermaaklike aktiwiteite.

Falaza Wild Park & Spa het ook ’n televisie, bordspeletjies en ’n swembad vir eindlose genot. Ander geriewe soos bababedjies, hoë stoele, kinderspyskaarte en vroeë maaltye is vir die kinders beskikbaar is ook beskikbaar.

Troues

Gebruik die Suid-Afrikaanse bosveld as ’n prentjiemooi agtergrond vir jou troue. Falaza Wild Park & Spa kan troues organiseer wat rondom jou voorkeure verpersoonlik word.

Spa

Geniet ’n dag vol pamperlange by die spa van hierdie privaat reservaat in KwaZulu-Natal. Verfrissende behandelinge vir beide mans en vrouens word in moderne fasiliteite, omvou met inheemse bos, aangebied. Van tradisionele manikure en pedikure tot meer gevorderde lyf- en velbehandelinge, asook ’n volle reeks masserings wag op gaste.

Jy sal hierdie spa totaal verfris in jou liggaam, siel en gees verlaat. Die rustige atmosfeer is ideaal vir alle gaste. Wittebroodreisigers en paartjies het ’n reeks pakkette om uit te kies.

Bos Maaltye

Heerlike feesmaaletes word by Falaza Wild Park & Spa bedien. Gaste kan hul maaltyd in ’n verskeie binne- en buitelug ligging in en om die lodge geniet. Gaan uit op ’n vol-dag wildbesigtigingsrit na die nabye Hluhluwe-Imfolozi reservaat en neem ’n piekniekmandjie vol bederfies saam. Of, word vroeg wakker en pak jou ontbyt in en eet dit in en eet dit in ’n mooi omgewing van jou keuse.

Addisionele Aktiwiteite in die Area

Addisionele Aktiwiteite in die Area
Emdoneni Wilde Kat Rehabilitasie Sentrum 
Dumazulu Kulturele Gemeenskap 
False Bay geleide wandelinge 
Sodwanabaai Marine Reservaat 
Hluhluwe Wildreservaat Krokodilplaas 
St. Lucia Wêreld Erfenis Gebied 
Walviskyk in seisoen 
Vars en diep see visvang 
Perdryritte