Spesiale Bos Ervaring
Falaza Wildpark, KwaZulu-Natal

Falaza Wild Park en Spa is privaat besit en bied luukse tent akkommodasie in ’n digte inheemse bos in KwaZulu-Natal aan.

Hoogtepunte

Naby aan beide Shaka Zulu Internasionaal en Richardsbaai Lughawe, langs St Lucia en naby aan Hluhluwe-Imfolozi Wild Reservaat
Wild besigtiging te voet, met ’n boot of op ’n 4x4-voertuig
Tradisionele buitelug boma aandetes
Familie vriendelike akkommodasie opsies
Ontspannende spa behandelinge

Jou Ervaring

Falaza Wild Park & Spa bied gaste die keuse om ’n safari ervaring te voet, met ’n 4x4-voertuig of op die water te geniet. Dit is geleë by die Olifantskus van KwaZulu-Natal, naby aan Hluhluwe-Imfolozi, Phina, en Mkuze wildreservate. Aangrensend aan Falaza is die St. Lucia Wêreld Erfenis Gebied, ’n mond en unieke vleiland.

Die ligging van hierdie privaat reservaat in KwaZulu-Natal is ideaal vir ’n familie vakansie. Falaza Wild Park & Spa is ryk in voëllewe en verskeie wild soos sebra, vlakvark, buffel, kameelperd, olifant, wildebees en krokodille word gereeld aanskou. Hier is ’n oorvloed aktiwiteite om aan te pak, insluitende dag en nag wildbesigtigigsritte, stap safari’s en bootritte op die Mzinene rivier.

Sodwanabaai is ook naby geleë en gaste kan daar uitstekende snorkel- en skubaduikplekke geniet. Diepsee visvang en walviskyk kan ook sekere tye van die jaar geniet word. ’n Spa behandeling sal jou moeë voete verfris nadat jy die hele dag besig was om die area te ontdek.

Die omgewing is opwindend en gaste het hope aktiwiteite om van te kies, maar aan die einde van elke avontuur bied Falaza Wild Park & Spa ’n rustige omgewing vir jou gees, siel en liggaam. Daar is ’n volle reeks masserings en holistiese spa behandelinge beskikbaar, asook spesiale pakkette vir wittebrood reisigers en paartjies.

Die luukse tent akkommodasie bied ’n outentieke safari atmosfeer. By Falaza Wild Park & Spa word alles gedoen om te verseker dat gaste gemaklik en ontspanne voel. Privaat sonplatvorms is ideaal vir luilê in son en die atmosfeer van die lodge inneem. Hierdie privaat reservaat in KwaZulu-Natal verpersoonlik jou verblyf.

Gaste het die keuse om peuselhappies in hul kamer aan te vra, wakker gemaak te word met vars koffie en tee en in die aande romanties en privaat te eet. Met vooraf reëlings sal Falaza Game Park & Spa seker maak dat jou verblyf soos ’n droom wat waar geword het, voel.