Tradisionele Gasvryheid
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

Wildside Safari Camp bied ’n regte Afrika bos ervaring, geleë in een van Suid-Afrika se mees diverse natuurlike omgewings.

Hoogtepunte

Romanties en intieme atmosfeer 
Perdrug safari’s, wildbesigtigingsritte en bos wandelinge 
Fasiliteite op die perseel - spa, gholfbaan, swembad, helikoptervlugte 
Geleë in ’n Groot 5 wild konservasie area 
Familie-vriendelik en malaria-vry

Jou Ervaring

Geleë op die lae platorand van die beeldskone Waterberg-distrik in Limpopo, Wildside Safari Camp bied een van die beste bos kamp ervaringe aan. Ideaal vir families, paartjies of wittebroodreisigers wat opsoek is na iets uniek.

Wildside Safari Camp het iets vir jou! ’n Besoek aan Wildside Safari Camp sal jou bederf met ’n egte bos kamp ervaring. By hierdie lodge is jou akkommodasie elegant gemeubileer en in die vorm van ’n buitelug seildoek tent-suite.

Die chalets is privaat en elkeen het sy eie private dek waar jy kan terugsit en ontspan.

Die ligging van Wildside Safari Camp is een van die aanloklike elemente van die lodge. Dit is geleë binne die bekende Entabeni Safari Konservansie, wat die tuiste is van 5 verskillende eko-sisteme en meer as 22 000 hektaar in beslag neem.

Hierdie diverse en beeldskone landskap laat jou toe om deel te neem aan prettige buitelug aktiwiteite. Hier sal jy ’n romantiese bos vakansie hê, met ’n unieke avontuurlustige element.

Wildside Safari Camp fokus daarop om mense saam te bring, sonder om privaatheid prys te gee. Jy kan een van die smaakvolle middagetes in die elegante eetkamer geniet, of langs die tradisionele vuur boma met ander reisigers.