Tradisionele Gasvryheid - Aktiwiteite
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

Twee opwindende tipe bos wandelinge is beskikbaar vir natuurliefhebbers by Wildside Safari Camp.

Wildbesigtigingsritte

Meer as 400 dierspesies by Entabeni Safari Konservasie beteken daar is hope geleentheid om wild te sien. Wildbesigtigingsritte word deur goed-opgeleide gidse gelei en sal jou na die beste wild besigtigingsplekke in die area neem. Die diverse eko-sisteme beteken dat jy heel waarskynlik die bekende Groot 5 gaan sien.

Bos Wandelinge

Die Roofdier Wandelinge word gefasiliteer deur goed-ingeligte gidse wat jou sal wys hoe om Afrika se bekende diere se spore te lees. Nie-Roofdier Wandelinge word aangepak langs die gholfbaan se botaniese tuin wat ’n oorvloed inheemse plante, klein diere en voëls het.

Perdry Safari

Daar is ’n verskeidenheid perdry roetes om van te kies en die bosveld mee te ontdek. Die duur van die roetes wissel van ’n paar uur tot ’n paar dae. Dit hang af van die roete wat jy kies.

Sterrekyk

Die skoon lug in die Afrika bos maak dit die ideale plek om sterre te kyk. Hier kan jy na die ongelooflike hemelruim staar by die Wildside Safari Camp se Astro Boma. Die kampvuur sal die ervaring verdiep.

Helikoptervlugte

Geniet ’n opwindende helikoptervlug oor die Entabeni Safari Konservasie en eet ’n romantiese piekniek op ’n afgesonderde plekkie op die berg.

Spa

Indulgeer in een van die vele terapeutiese en ontspannende behandelinge op aanbod by die spa op die lodge perseel. Dit is ’n heerlike aktiwiteit vir paartjies om saam te geniet.

Gholf

Ontspan en werk jou pad deur die 18-gat gholfbaan op die perseel.

Warmlugballonvaart

Gaan uit op ’n opwindende en romantiese rit in die lug soos wat die son oor die manjifieke gronde van Entabeni Safari Konservasie sak.