Luuksheid in die Wildernes
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

Lakeside Lodge is ’n fantastiese, romantiese wegbreekbestemming vir paartjies wat van die stad wil ontsnap en met die unieke skoonheid van Suid-Afrika omring wil wees.

Hoogtepunte

Geleë op die Entabeni meer
Panoramiese uitsig van die ikoniese Entabeni-berg
Private sonplatvorm
Deel van die Entabeni Safari Konservasie
Seekoei besigtiging

Jou Ervaring

Daar is min dinge so lekker soos om in die Afrika bosveld langs ’n groot meer te bly. Lakeside Lodge is geleë op die onder-platorand van die Entabeni Safari Konservasie, waar jou verblyf jou nader aan die natuur sal bring. Lakeside Lodge bied gaste die beste kombinasie van die wild-ryke waterrand en die volop wild van die Afrika vlaktes.

Die lodge se ligging is intiem, afgesonder en het ’n romantiese uitsig oor die area. Ontspan met ’n glasie wyn op jou privaat platvorm wat ’n uitsig oor die meer het. Bo jou is dit net blou lug, voor jou is dit die ikoniese Entabeni-berg en onder jou reflekteer die beeldskone omgewing op die water. Vanaf jou platvorm kan jy sien hoe die seekoeie luilê in die koel waters van die Entabeni meer.

By Lakeside Lodge is dit maklik om verlief te word op die natuur. Die romantiese atmosfeer maak van die lodge die ideale opsie vir wittebroodreisigers en paartjies. Maaltye word bedien langs die rivier se rustige waters, op die lodge se oop ontspanningsplatvorm. Lakeside Lodge het ook ’n tradisionele boma waar jy met mede-reisigers om die vuur kan sosialiseer.

Die lodge se rustige omgewing en oneindigende uitsig beloof ’n onvergeetlike safari wegbreek. Kom geniet ’n romantiese vakansie en groei nader aan mekaar en die natuur.