Luuksheid in die Wildernes - Aktiwiteite
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

©Shem Compion
©Shem Compion

Die bosveld, moeras en bergterrein wag om deur jou ontdek te word. Kom beleef meer van Suid-Afrika se mees ongelooflike diversiteit.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte op die wye Entabeni Safari Konservasie is ’n ongelooflike ervaring. Hier kan jy die 9 eko-sisteme ontdek en die wild van die Waterberg Biosfeer beter leer ken.

Bos Wandelinge

Vaar die wilde bosveld te voet binne. Lakeside Lodge bied ’n Roofdier Wandeling aan wat jou leer hoe om wild se spore te lees. Gaste wat nie die hartsklop té veel wil opjaag nie kan die minder riskante Roofdier-vry Wandeling aanpak. Hierdie wandeling fokus meer op die delikate plantlewe in Entabeni.

Perdry Safari

’n Opwindende perdrug safari deur die Entabeni Konservasie is ’n moet-doen aktiwiteit by Lakeside Lodge. Met ’n perd kan jy die interessante 9 eko-sisteme van die reservaat ontdek. Daar is verskillende roetes en ’n piekniekplek. Ontspan met ’n romantiese piekniek middagete met die berg as jou agtergrond.

Helikoptervlugte

’n Helikoptervlug is ’n ander manier om jou dag met adrenalien te vul. Van bo in die lug kan ’n 360-graad uitsig van die berg en die omliggende omgewing van Entabeni kry. Jy het die opsie om ’n romantiese maaltyd heel bo op die berg te geniet.

Warmlugballonvaarte

’n Prettige en romantiese manier om Entabeni vanuit die lug te sien is met ’n lugballonvaart. In ware Afrika-styl kan jy stadig oor die grasvlaktes in ’n helderkleurige ballon vaar.