Elegansie en Sereniteit - Aktiwiteite
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

©Shem Compion

Die Entabeni-bewarea het wildkykopsies om alle voorkeure te pas. Meeste gaste verkies wildbesigtigingsritte, maar Kingfisher Lodge bied ook opwindende bos wandelinge aan.

Wildbesigtiging

Jy het ook die geleentheid om meer te leer oor die oorvloed wild en fantastiese plantlewe in die area deur spoorsny aan te pak. Diegene wat die volle opwinding van ’n safari wil ervaar, kan beide die wildbesigtigingsrit en stapsessies geniet.

Eetervarings in die Bos

Kingfisher Lodge se ideale ligging maak etes ’n uitsonderlike ervaring. Geniet romantiese etes langs die Entabeni-meer. In die buitelug - en selfs binnenshuis - sorg die lopende water en sagte wind vir die perfekte romantiese atmosfeer om mekaar beter te leer ken. Hierdie safari akkommodasie in Limpopo het ook ’n private buitelug boma-area waar jy ander eensgesinde reisigers kan ontmoet indien jy lus is vir ’n bietjie geselskap.

Warmlugballonrit

Niks is meer romanties as ’n warmlugballonvlug oor ’n beeldskone landskap in ’n afgeleë deel van Suid-Afrika nie. Paartjies kan ’n opwindende rit oor die diverse landskap geniet.

Gholf

Die 18-gat Signature Gholfbaan is by die nabygeleë Legend Golf and Safari Resort. Die meer avontuurlustige gholfspelers kan hier die Extreme 19th bo-op die Hanglipberg aanpak, die wêreld se langste en hoogste Par 3.

Buitelugaktiwiteite

Paartjies by Kingfisher Lodge kan die pragtige omgewing ten volle geniet. Gaan verken die natuurskoon en geniet ’n piekniek by een van Entabeni se mooiste plekke. Gate wat meer aktief is, kan jy ’n opsionele safari te perd doen en ’n heerlike piekniek langs die skilderagtige roete geniet. Diegene wat opsoek is na iets meer opwindend kan ’n opsionele helikoptervlug en romantiese piekniek bo-op ’n afgesonderde bergtop geniet.