Crocodile Kruger Safari Lodge Aktiwiteite
Marloth Park, Groter Kruger
Crocodile Kruger Safari Lodge se wildbesigtigingsritte gaan nie net vroeg in die oggend uit nie, maar ook in die aand sodat jy die opsie het om die nagetlike diere van die bos te sien.
Wildbesigtiging
Op hierdie wildbesigtigingsritte in die aand kan jy ook die skoonheid van die oop sterrehemel geniet. Wildbesigtigingsritte in Marloth Park volg die Krokodil Rivierbedding. Wees op die uitkyk vir daardie vierpotige, harige roofdiere wat opsoek is na ’n peuselhappie soos die son sak. Daar is ook altyd iets aan die gang by die water se rand.
Bos Etets
Eg Suid-Afrikaanse disse word elke Saterdagaand (indien die weer dit toelaat) onder die sterre in die buite boma bedien. By hierdie selfsorg akkommodasie is daar tradisionale Afrika disse op die spyskaart vir gaste wat daarin sou belangstel. Dit word bedien deur vriendelike, plaaslike personeel in ’n warm atmosfeer.
Bos Wandelinge
Volg die spore van impalas en leeus wanneer jy die wildernis te voet ingaan. Ervaar die opwinding van die bos van naby met ’n opsionele bos wandeling by Crocodile Kruger Safari Lodge. Hierdie wandelinge word in beide die Kruger Natsonale Park en Marloth Park aangebied en deur ervare en kundige gidse gelei.
Bergfiets Uitstappies
Bring jou eie bergfiets of huur een by Crocodile Kruger Safari Lodge. Spandeer ’n bietjie tyd deur die rivierbed te ondersoek terwyl jy een van die bergfietspaadjies verken. Ervaar die vars lug soos wat jy al dieper in die natuur ingaan.
Kulturele Toere
By Crocodile Kruger Safari Lodge is daar die opsie om vir ’n halwe dag uit te gaan en die Matsamo Traditionele Swazi Dorp te besoek. Gaste kan ’n informatiewe toer van die dorp geniet, gevolg deur tradisionele sang en dans deur ’n groep plaaslike dansers en musikante.
Jane Goodall Instituut
Sjimpansees is diere wat nie sommer in Suid-Afrika gesien word nie, maar by die Jane Goodall Chimp Eden het jy die geleentheid om hierdie unieke, liefdevolle diere in ’n semi-wilde omgewing te aanskou. Hierdie instituut is enig in sy soort in Suid-Afrika en bied jou die geleentheid om sjimpansees en hul interaksie met mekaar beter te leer ken. Die besoek sluit ’n oordragsrit en buffet middagete in.
Olifant Ervaring
Kom ervaar een van Suid-Afrika se Groot Vyf diere van naby af by Kwa Madwala Wildreservaat. Hier kan jy uitsien na Olifant interaksies en meer leer oor hierdie groot, maar rustige diere. Oordragsritte vanaf Crocodile Kruger Safari Lodge is beskikbaar op aanvraag.