Goeie Voëlkyk Area - Aktiwiteite
Bonamanzi Wildreservaat

Bonamanzi Wildreservaat is die tuiste van ’n verskeidenheid bokke, asook die bekende gunstelinge: olifant, buffel, luiperd, seekoei, krokodil, kameelperd, vlakvark, wildebees en sebra.

Wildbesigtigingsritte

Bonamanzi Wildreservaat is die tuiste van ’n verskeidenheid bokke, asook die bekende gunstelinge: olifant, buffel, luiperd, seekoei, krokodil, kameelperd, vlakvark, wildebees en sebra. Een van die beste maniere om buite in die wild te kom en hierdie plaaslike inwoners te ontmoet is deur ’n 4x4-wildbesigtigingsrit.

Nagritte sal van ’n soeklig gebruik maak om vir jou die geleentheid te gee om die nagtelike diere van die bos te sien soos wat hulle rondloop onder die skuiling van donkerte. As jy gelukkig is, kan jy selfs die ontwykende luiperd sien. Peuselhappies en verversings sal ook op die ritte bedien word.

Begeleide Bos Wandelinge

Begeleide bos wandelinge binne hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal vat jou reg in die bos in. Daar is niks meer intiem as om die bos te voet te ontdek nie.

Jy word begelei deur ’n gids en spoorsnyer wat jou insiggewende stories oor die plaaslike plante sal vertel, soos byvoorbeeld hoe om bier van die llala palm te maak, asook hoe die koorsboom sy naam gekry het. Bos wandelinge gaan deur die vloedvlaktes na die St Lucia meer, waar jy die broeigronde van flaminke, pelikane en lepelaar kan ontdek.

Bootritte

Een van die mees populêre aktiwiteite by Bonamanzi Wildreservaat is die bootrit. Hier kan jy rustig op die Hluhluwe rivier dryf en die visvanger, krokodil, wildemakou en ander voëls en diere langs die rivier sien. Tydens die bootrit word smaakvolle peuselhappies en verversings bedien.

Zulu Kultuur

Na ontbyt kan jy ’n staptoer na die plaaslike Zulu gemeenskap, DumaZulu, onderneem. Hierdie uitstappie duur omtrent 1.5 uur. Leer meer oor die Zulu tradisies en ervaar eerstehands die moderne tradisionele lewe in Suid-Afrika. Bonamanzi bied ook “Tradisionele Mistiese Aande” aan.

’n 20 minute wildbesigtigingsrit sal jou na die gemeenskap neem, waar jy dan ’n paar skemerkelkies en peuselhappies kan geniet voordat die Zulu sangoma (tradisionele geneesheer) sy verskyning maak.

Jy sal getrakteer word deur die sangoma se stories! Jou toekoms kan ook vir jou gelees word wanneer hy sy bene gooi. Dit is ’n ryk kulturele ervaring wat jou sal vermaak en ook dieper insig oor die Zulu kultuur in Suid-Afrika sal gee.

Nabye Attraksies

Emdoneni Lodge Jagluiperd en Tierboskat Projek
Hluhluwe Imfolozi Wildreservaat
Zulu Krokodil Sentrum
Groter St Lucia Vleiland
Mkuze Wildreservaat