Goeie Voëlkyk Area
Bonamanzi Wildreservaat

Bonamanzi Wildreservaat bied akkommodasie opsies vir solo reisigers, families, paartjies, asook groepe wat graag saam op wildbesigtigingsritte wil uitgaan en in die bos braai.

Hoogtepunte

Oorvloed voëls en wildbesigtiging
Ontbyt en braai in die bos
Keuse tussen sewe akkommodasie opsies; versorg en self-sorg
Begeleide bos wandelinge, bootritte en 4x4-wildbesigtigingsritte
Voëlkyk Safari: 29 voëls op IUCN se rooi lys word hier gevind, met meer as 408 opgetekende voëlspeseies

Jou Ervaring

Bonamanzi Wildreservaat is ’n toevlug waar jy met ontbyt in die bos wakker word (sjampanje opsioneel). Dit is geleë naby aan iSimangaliso Vleiland Park, en hierdie area is ’n wonderwêreld vir mense wat opsoek is daarna om hulself met onaangeraakte wildernis te omvou. Trek voordeel uit die daaglikse wildbesigtigingsritte, bootritte en bos wandelinge begelei deur ervare gidse. Moenie jou kamera vergeet nie – jy sal nie teleurgesteld wees nie!

Bonamanzi Wildreservaat is ideaal vir dié wat opsoek is na ’n ontspannende en onpretensieuse omgewing. Daar is sewe akkommodasie opsies waaruit jy kan kies by hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal. Opsies sluit in luukse chalets, ’n kamparea, of boomhuise met panoramiese uitsigte oor die bos.

Gedurende jou verblyf kan jy uitsien daarna om verskeie diere te sien wat deur die kamp loop – veral vlakvarke en impala. Lalapanzi is die hoof kamp by Bonamanzi Wildreservaat, en is ideaal gebou bo ’n watergat. Daar het jy uitstekende voëlkyk geleenthede vanaf die kroeg en ontspanningsarea, wat ook op opgeligte houtpale gebou is.

Die speelgrond en swembad sal die jonges besig hou. Maak seker dat jy gedurende jou verbly vir jou ’n sitplek bespreek by die Bonamanzi Bos Braai. Jy kan smul aan plaaslike lekkernye soos potjie en wildvleisdisse, terywl jy die geselskap van die ander gaste rondom die kampvuur geniet.