Goeie Voëlkyk Area - Jou Verblyf
Bonamanzi Wildreservaat

Kies tussen die volgende akkommodasie opsies by Bonamanzi Wildreservaat.

Jou Kamer

Lalapanzi Kamp bestaan uit luukse drie-ster chalets met sateliet televisie, Wi-Fi, ’n yskas, lugverkoeling en ’n en-suite badkamer. Hierdie chalets is ideaal vir families, omdat dit binne stap afstand van Lalapanzi se restaurant, speelgronde en swembad fasiliteite is. Die kamp is versprei rondom die Lalapanzi watergat, wat gereeld deur wild besoek word. 

Dinizulu Kamp is gemaak van grasdak hutte met lugverkoeling en en-suite badkamers. Elke hut het ’n ruim ontspanningsarea en eetkamer met sateliet televisie, ’n ingeboude kroeg, toegeruste moderne kombuis (vir self-sorg) en ’n stoep met ’n braai area. Die stoep is gebou om uit te kyk oor die Dinizulu meer. ’n Voltydse sjef en gids kan ook gereël word teen ’n addisionele prys.

Game Lodge bied private, self-sorg akkommodasie vir 10 mense aan. Gerieflik vir groepe en familie. Daar is ’n toegeruste kombuis, leefarea en sateliet televisie. Daar is vyf dubbel slaapkamers, elkeen met lugverkoeling en ’n en-suite badkamer. Game Lodge het sy eie privaat swembad waar jy gereeld vlakvark en mak bokke sal vind wat aan die gras kom peusel. 

Tree Lodge is self-sorg en bestaan uit drie, twee-slaapkamer boomhuise wat met opgeligte houtplanke na mekaar toe loop. Tree Lodge slaap 6 mense en bied panoramiese uitsigte vanuit die bome. Dit het ’n leefarea (met sateliet televisie), asook ’n privaat stoep, braai area en toegeruste kombuis. 

Die Tree Houses bied twee- en vier slaapkamer eenhede aan. Die eenhede is lugverkoel en het ’n toegeruste kombuis en leefarea met ’n en-suite badkamer. Die opgeligte besigtigingsdek bied ’n panoramiese uitsig – ideaal vir voëlkyk omdat jy hoog tussen die bome is. Dit is ’n intieme opsie wat perfek is vir wittebrood reisigers. 

Kampeer en woonwa staanplekke is ruim en het gedeelde ablusie, warm- en koue lopende water en 220V kragbedieningspunte. Elke kampeerplek is ingerig vir ’n minimum van 2 en maksimum van 6 mense, met ’n gedeelde kombuis en braai area. 

Bundu Rustic Kamp is ’n selfsorg, rustieke kamp van 12 chalets met uitsigte oor Isimangaliso se Falsebaai. Daar is gemeenskaplike badkamers, ’n kombuis en eetarea. Elke chalet het lugverkoeling en ’n privaat stoep. Dit is ’n goeie opsie vir opvoedkundige groepe, privaat groepe reisigers of selfs grootter groepe.