Bank Cormorant
Bankduiker

Naam

Bankduiker (Phalacrocorax neglectus)

Familie

Phalacrocoracidae (Kormorante)

Voorkoms

Die volwasse bankduiker het ’n bonkige voorkoms, kuifkop en gewoonlik maar nie altyd nie ’n wit kruis. Die vlerke is donkerbruin en die res van die lyf swart met ’n brons glans.
Onvolwasse voël: Jong voëls is ’n dowwer swart as die volwasse voëls.

Voortplanting

Broeityd is vir al die maande behalwe April, Augustus en November aangeteken. 2 – 3 kalkwit eiers.

Bewaringstatus

Algemeen

Verspreiding

Beperk tot die suidwestelike kus van Swakopmund in die noorde tot Agulhas in die suide.