'n Stukkie Hemel
Balule, Groter Kruger

Geleë binne die Balule Privaat Wildreservaat, Billy’s Lodge bied die beste Suid-Afrikaanse safari ervaring aan.

Hoogtepunte

Besigtigingsdek wat uitkyk oor ’n watergat wat gereeld besoek word
Privaat suites met plonspoele
Aandetes bedien onder die sterre in die ope-lug tradisionele boma
Ondergrondse wynkelder met plaaslike gunsteling wyne
Oggend- en aand wildbesigtigingsritte met vele wildkyk geleenthede

Jou Ervaring

Billy’s Lodge is geleë in die Balule Natuur Reservaat in die Limpopo Provinsie van Suid-Afrika. Hierdie reservaat deel ’n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park, wat diere toelaat om vrylik tussen die twee areas rond te beweeg.

Dit is ook ’n rede hoekom jy vele wild tydens jou verblyf by Billy’s Lodge sal sien. Hier het jy jou beste kans om naby aanskouings van olifante, renoster, seekoei, buffel, sebra, kudu, kameelperd, waterbok, impala en wildebees te hê. Publieke deurgang is beperk by Balule Natuur Reservaat, en daarom is daar nie hordes touriste wat jou intieme Suid-Afrikaanse safari ervaring sal bederf nie. By Billy’s Lodge is daar ’n opgeligte hout wandelpadjie wat van die hoof lodge na die besigtigingdsdek, wat uitkyk oor die watergat wat gereeld besoek word, loop.

Dit beteken dat selfs wanneer jy nie buite in op ’n 4x4-voertuig is nie, jy steeds die geleentheid het om diere rustig te aanskou terwyl jy rustig tyd by die lodge deurbring. Vergeet van daardie stywe hotel-in-die-bos akkommodasie. Billy’s Lodge bied privaat kamers wat natuurlik stylvol is, met grasdakke en hout afrondings.

Dit is die ideale toevlug vir wittebrood reisigers en paartjies wat opsoek is na ’n romantiese wegbreek en die ervaring van ’n ware intieme Suid-Afrikaanse safari ervaring.