Die onomheinde grens tussen Balule en die Kruger Nasionale Park beteken dat gaste maklik toegang tot sommige van die beste roofdiere besigtinge in Suid-Afrika het.
Daar is nie ’n tekort aan roofdier besigtinge in hierdie area van die Kruger Park nie. Jy kan uitsien na ’n indrukwekkende verskeidenheid roofdiere, insluitend leeus – die koning van die bos.
Seekoeie is mal oor die Olifantsriver wat deur die reservaat loop. Jy kan hulle dophou soos wat hulle in die water dryf en in die son lê en bak op die bed van die rivier.
Daar is digte bome en ’n aantal watergate wat die lodge omring en dit trek die bekende olifante van die area aan. Die roofdiere in die Kruger Park is gewoond aan voertuie en toeriste, wat beteken besigtinge van katte en ander gewoonlik ontwykende spesies vind meer gereeld hier plaas.
Die voëls wat om Billy’s Lodge gevind word is beide volop en verskillend. Watervoëls kan veral maklik gesien word, omdat die Olifantsrivier naby aan die lodge verby vloei. Die volwasse essenhoutbome en gewone wildevy bome in die kamp lok ook die voëls aan. Luister na die pragtige geroep van die swartkopwielewaal en soek vir die sneeubal wat tussen die bome se blare sal wegkruip.
Die somer maande is geneig om beter te wees vir voëlkyk, omdat daar so baie migrante voëls is wat in die area kom kos soek. Beeldskone voëls kan egter regdeur die jaar gesien word. Hier kan jy sommer ’n hele klomp roofvoëls van jou lysie afmerk, insluitend die berghaan, breëkoparend en grootjagarend.
’n Verskeidenheid uile word ook in hierdie area gevind. In die aande om die kampvuur kan jy jou ore oophou vir die geroep van die reuse ooruil tussen die takke. In die oggend word jy wakker met die bekend geluid van die visarend terwyl jy regmaak vir jou vroegoggend wildbesigtigingsrit.