Oggend en aand 4x4-wildbesigtigingsritte met voertuie wat toegelaat word om van die pad af te gaan indien dit nodig is vir beter besigtinge
Perfek vir voëlkyk op die banke van die Olifantsrivier
Nabye besigtigings van 'Shoshangaan', die plaaslike olifant
Hout wandelpaaie na besigtigingsdekke met uitsigte oor die Olifantsrivier
Ruim kamers met uitsigte oor die bos en rivierbos
Ezulwini River Lodge is geleë teen die bed van die Olifantsrivier, binne die Balule Natuurreservaat. Hierdie privaat reservaat is ekstra spesiaal omdat dit ’n onomheinde grens met die Groter Kruger Nasionale Park deel. Dit beteken dat diere vrylik in die area rond kan beweeg en vergroot jou kanse vir uitstekende en verskillende besigtinge gedurende jou verblyf.
Ezulwini River Lodge se ligging langs die rivier bied ’n ware private Suid-Afrikaanse safari ervaring, met idiliese uitsigte oor die water, aan. Die groen bome dra by tot die afgesonderheid en lok vele voëls, wat jy kan hoor en sien gedurende jou vrye tyd tussen wildbesigtigingsritte.
Maak die meeste van hierdie natuurlike besigtinge en geluide deur op die houtbrug te loop na die gespesialiseerde besigtigingsdek. Dit is ’n unieke eienskap van Ezulwini River Lodge en is die perfekte plek om te ontspan, met ’n ys-koue drankie in die hand, terwyl jy vir die diere wat gereeld by die Olifantsrivier kom drink, kyk.
Maak seker om uit te kyk vir 'Shoshangaan'- ’n nuuskirige plaaslike olifant. Hy word gereeld naby die lodge gesien, omdat hy kom inloer om te sien wat aan die gang is. Die uitsigte en onvergeetlike oggend en aand wildbesigtigingsritte is gewoonlik die hoogtepunte van Ezulwini River Lodge. In die aande, wanneer die son eers sak, is daar egter ’n lantern-beligte atmosfeer wat nie vergeet kan word nie, só ook die absolute gemak van jou privaat suite.