Buitengewone Safari Ondervinding
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Hillsnek Safari Camp bied ’n Buitengewone Safari Ondervinding in die Oos-Kaap vir paartjies en families aan, met eksklusiewe tent suites wat oor die Amakhala Wildreservaat uitkyk.

Hoogtepunte

Wildbesigtigingsritte in ’n oop 4x4-safari-voertuig
Bootritte op die Boesman’s rivier
Opsionele besoek aan die Amakhala Kunsvlyt Sentrum
Voëlkyk, staptoere en sterrekyk geleenthede (& gratis WiFi sodat jy jou foto’s op die internet kan oplaai)
Sonsondergang uitsigte oor die Amakhala Wildreservaat

Jou Ervaring

Hillsnek Safari Camp lê in ’n afgesonderde hoekie van die Amakhala Wildreservaat. Hierdie intieme, familie bestuurde, malaria-vrye lodge bied gaste akkommodasie in 4 klassieke safari tent suites aan – insluitend ’n ruim familie kamer. Hierdie wild safari in die Oos-Kaap rus op die bank van die Bosman’s rivier en spog met ongelooflike uitsigte oor die wildernis. Hillsnek Safari Camp bied twee daaglikse wildbesigtigingsritte in die Amakhala Wildreservaat aan.

Die eerste rit vind vroeg in die oggend plaas, wanneer die roofdiere terugkeer na hul lêplek vir die dag. Op die laat middag wildbesigtigingsrit het jy die geleentheid om die nagtelike diere te sien ontwaak. Op hierdie wild safari in die Oos-Kaap het jy die goue geleentheid om ’n verskeidenheid wild, insluitend die Groot Vyf, te sien. Die Amakhala Wildreservaat huives ook die bedreigde wit- en swart renoster, sebra, swart wildebees, rooi hartebeest, eland en gemsbok.

Hillsnek Safari Camp is dié plek om te wees vir entoesiastiese voëlkykers. Die kamp is geleë in ’n area wat meer as 250 voëlspesies het. Besprekings met betekenis. Hillsnek Safari Camp gee ’n persentasie van hul besprekings aan die Chipembere Renoster Fonds en verseker sodoende dat elke gas wat die kamp besoek, ’n bydrae maak tot ’n suksesvolle konservasie projek om die bedreigde renoster spesie te red.