Gorah Elephant Camp Aktiwiteite
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Addo Nasionale Park het ’n massiewe populasie olifante en jy kan nabye besigtinge van hierdie manjefieke diere gedurende jou verblyf by Gorah Elephant Camp geniet.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte word deur professionele gidse in gespesialiseerde safari voertuie onderneem. As jy gelukkig is, sien jy dalk ook ander lede van die Groot Vyf – renoster, buffel, luiperd en leeu. Hou ook jou oë oop vir die vluglose miskruier wat omtrent eksklusief in die Addo gevind word. Gedurende jou wildbesigtigingsrit word vars peuselhappies en heerlike verversings by ’n panoramiese uitsigpunt bedien.

Bos Etes

By Gorah Elephant Camp is daar 6 geleenthede om die vars gemaakte etes te proe. Hierdie geleenthede is onderskeidelik die oggend bos safari, ontbyt, middagete, tee tyd, middag bos safari en dan aandete. ’n Vullende ontbyt en ligte middagete kan op die oop stoep van Gorah House geniet word en in die aand kan die personeel vir jou ’n romantiese kerslig ete in die eetkamer bedien. Jy het ook die geleentheid om iets heeltemal anders te ervaar met ’n tradisionle boma ete waartydens die sjefs op hout en kole onder die sterre in die boma kook.

Kinders op Safari

Die gespesialieseerde gidse by Gorah Elephant Camp neem ekstra sorg om tyd aan kinders te spandeer op die wildbesigtigingsritte, asook by die kamp sodat die jong gaste vermaak sal bly. Safari ervaringe vir kinders oor die ouderdom van 10-jaar oud sal die hoogtepunt van hulle hele verblyf wees!

Aktiwiteite in die Area

Die area rondom hierdie koloniale tent styl safari in die Oos-Kaap bied opwindende avonture en aantrekkings aan. Buitelug entoesiaste kan op walvis- en dolfynkyk toere, kanoe avonture, fietsry, diepsee visvang en skubaduik avonture uitgaan.