Geniet ononderbroke uitsig
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

River Bend Lodge bied luukse akkommodasie in Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap, wat bekend is vir sy oorvloed olifant troppe.

Hoogtepunte

Buitelug swembad en helder groen tuin met oeroue inheemse bome
Plumbago Spa met ’n verskeidenheid masserings & skoonheid behandelings
“Mobiele Speelkamers” vir die klein gaste (kinderoppassers ook beskikbaar)
Wildbesigtiging (hope olifante), voëlkyk & fotografiese kursusse beskikbaar
Suid-Afrikaanse wynproe & kos proe

Jou Ervaring

Aan die einde van die Tuinroete, in die malaria-vrye Addo Olifant Nasionale Park, lê River Bend Lodge.

Akkommodasie by River Bend Lodge word aangebied as ’n keuse tussen luukse suites, ’n wittebrood suite en ’n eksklusiewe gebruik villa. Daar is iets vir almal en die geleentheid om die manjifieke wild wat in die area woon te ontdek.

Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag onderneem. Hier kan jy ’n oorvloed fauna en flora sien, insluitend die Groot Vyf en natuurlik die groot olifant troppe. By hierdie luukse lodge in Addo Olifant Nasionale Park kan jy ’n eksklusiewe fotografie klas, aangebied deur die inwonende fotograaf onderneem.

Die daaglikse bos wandelinge is ’n goeie manier om fiks te bly en die verskeidenheid voëls, insekte en ander kleiner diere op te spoor. Bederf jouself en spandeer ’n middag by die Plumbago Spa. Die reeks spa behandelinge word die beste geniet na jou oggend wildbesigtigingsrit.

Die sjefs by die lodge se restaurant bederf gaste met kulinêre vreugdes vir ontbyt, middagete én aandetes. By River Bend Lodge kan jy ook spesiale peuselhappies tussen maaltye in jou kamer geniet.