Wildebeest
Blouwildebees

© Shem Compion

Naam

Blouwildebees (Connochaetes taurinus)

Voorkoms

Die blouwildebees het ’n donker silwergrys lyf met donker vertikale strepe op die voorkwart. Die blouwildebees word gekenmerk deur ’n lang swart maanhaar en ’n baard wat vanaf die nek en keel hang. Beide geslagte het kort gekromde horings. By volwasse bulle is die horings dikker. Bulle weeg 250 kg en het ’n skouerhoogte van 1.5 m. Koeie is effens kleiner, met ’n skouerhoogte van 1.4 m en ’n massa van 180 kg.

Voortplanting

Die blouwildebees paar seisoenaal en na ’n dratyd van nege maande word ’n enkele kalf in die somer gebore. Kalwers kan ’n paar minute na geboorte al saam met die trop begin loop.

Sosiale Gedrag

Seisoenale migrasie is ’n optimale oorlewing strategie wat die effektiewe gebruik van hulpbronne oor groter gebiede moontlik gemaak het en wat oorbenutting, beide gedurende die nat en droë seisoene, verminder het.
Dit is ’n sosiale herbivoor wat voorkom in troppe wat wissel van tien tot ’n paar duisend individue. Bulle is territoriaal gedurende die tye wat die trop nie migreer nie.

Verspreiding

Die verspreiding is gekonsentreer in die noordoostelike streke van Suid Afrika. Hulle word nie beskou as bedreig nie, maar kom meestal in bewaringsgebiede voor. Ook wyd versprei in lande noord van Suid Afrika. Die getalle is drasties verminder as gevolg van omheinings wat die tradisionele en instinktiewe migrasie beperk.