Wat het ek nodig om met Bye te begin Boer?

Hoe om te Leer van Byeboerdery

©The Animal and Plant Health Agency, Crown Copyright
Baie voornemende byeboere kyk na YouTube video’s, maar die meeste hiervan is in die VSA en Europa gemaak. Suid-Afrikaanse bye se gedrag is effens anders; hulle is meer aggressief en steek met ernstige nagevolge indien jy allergies is vir bysteek, sê Shirley Downie van Beeware. Daarom stel hulle voor dat jy liewer ‘n kursus oor byeboerdery doen of gaan kers opsteek by gevestigde byeboere en mentors, afgesien van jou eie navorsing.
In Suid-Afrika word die ‘Blou Boek’, (Beekeeping in South Africa deur Johannesmeier et.al.) beskou as die beste boek oor byeboerdery.
Onderwerpe op ‘n kursus oor byeboerdey sluit in teorie oor bye, hulle habitat, korfbestuur, grootmaak van koninginbye en die oes van heuning. Jy sal ook vertel word hoe om ‘n korf te kies en op te stel, van toerusting wat benodig word, hoe om heuning te versamel en te prosesseer en hoe om swerms te vang en te verskuif.
As jy nie ‘n kursus of inligtingsdag oor byeboerdery kan bywoon nie, probeer om ‘n mentor soos ‘n ervare byeboer te vind wat gewillig is om sy/haar kennis te deel.

Waar om Korwe te Plaas?

©Marinda Louw
Indien jy in ‘n dorp woon, moet jy eers by die munisipaliteit uitvind of dit wettig is om bye aan te hou in ‘n woonbuurt. Indien dit is, moet korwe ten minste 50m weg van mense en diere gehou word. In plattelandse gebiede moet korwe weggehou word van hoenders en perde omdat bye nie van die reuk van hierdie diere hou nie.
Die plek waar bye gehou word, word die byekamp of byehuis genoem. ‘n Byekamp moet toeganklik, beskut, droog en sonnig wees, maar nie blootgestel aan ryp nie. Daarbenewens moet dit kos en water bied aan die bye wat nie verder as 3-5km van die korf is nie.
Hoewel sekere gebiede genoeg voedsel mag hê vir ‘n paar kolonies/swerms, mag dit dalk nie volhoubaar wees vir die hele seisoen nie. Daarom mag dit nodig wees om kolonies te verskuif na geskikte gewasse wanneer hulle blom. Dit kan dien as waardevolle (betaalde) bestuiwingsdienste vir landbouers met die meegaande bonus van heuning vir die byeboer.
Vra altyd eers toestemming by die eienaar voordat jy jou korwe op sy/haar grond plaas. Die South African Bee Industry Organisation (SABIO) verteenwoordig byeboere in Suid-Afrika en raai alle byeboere aan om hulle korwe te registreer by die Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF).

Waar om ‘n Korf en ‘n Swerm/Kolonie te Kry

©Marinda Louw
Om ‘n byeboerdery te begin sal jy ‘n swerm of kolonie bye nodig hê plus ‘n korf waarin jy hulle gaan aanhou. Daar is verskeie maniere waarop jy ‘n kolonie bye kan kry:
Jy kan ‘n swerm koop by ‘n gevestigde byeboer.
Jy kan ‘n nuwe swerm vang (‘n wilde of trekswerm). Suksesvolste in die lente.
Jy kan ‘n bestaande swerm hervestig in ‘n nuwe/ander korf. Dit vereis egter ‘n sekere vaardigheid.
Jy kan ‘n swerm lok deur heuning aan die basis van die korf te smeer, of deur ‘n kommersiële swermlokaas, of deur sitroengras aan die basis van die korf te vryf.
Bye kan in enige holte soos grotte, gate in bome of houtkaste lewe. Om ‘n bykolonie te huisves benodig jy ‘n korf. Dis verkygbaar by ‘n maatskappy wat toerusting vir byeboerdey verkoop.
Daar is etlike betroubare verkopers van byekorwe, maar ‘n mens moet steeds op jou hoede wees omdat sommige korwe nie op standaard is nie. Die goedkoopste in nie noodwendig die beste nie. Soms verkoop byeboere gebruikte korwe, maar hulle moet gesteriliseer word voor gebruik om die oordrag van siektes na jou swerm te voorkom. Gebruikte korwe kan gebruik word om ‘n nuwe swerm bye te vang.

Gereedskap vir Byeboerdery

©Chris Daly
Soos met enige stokperdjie of professie, het jy die regte gereedskap nodig om met bykolonies te werk. As bykorwe nie ordentlik in stand gehou word nie, sal die kolonie die korf verlaat en gaan soek na ‘n veiliger plek om te bly. Dit word aanbeveel dat jy ‘n toerits oorpak en ‘n sluier aanskaf om jou gesig en nek te beskerm teen bysteke.
Jy het ook goeie leer of PVC handskoene nodig, asook kamaste of oorkouse om jou enkels en stewels te beskerm. Jy het ‘n beroker, ‘n korfinstrument en ‘n byeborsel of kwas nodig. Laastens sal jy ook toerusting nodig hê om heuning te oes.

Translated by Elna Van Rhyn