Wanneer om die Koring te Oes

© Chris Daly

Koring moet vroeg genoeg geoes word om verplettering, pre-oes uitloop en voëlskade te keer. Tog moet dit laat genoeg geoes word sodat die graan droog is. Oes begin gewoonlik wanneer die voginhoud van die koring sowat 16% is, maar kan so laag 13% wees wanneer die koring gestoor word. Verplettering, wat verwys na ras soorte wat geneig is om graan te verloor, moet vroeër geoes en kunsmatig gedroog word. Koring oes begin rondom November - Desember in die winterreënvalgebiede en later in die somerreënvalgebiede. 

Hoe om Koring te Oes

©Chris Daly

Terwyl koring met die hand geoes kan word met 'n sikel (scythe in Engels) of panga, is snymasjiene die voorkeuropsie wanneer jy groot stukke grond het wat op die regte tyd geoes moet word. Stropers is in staat om te sny en om die koring te skei van die kaf en ander plantmateriaal.

Gemiddelde Produksie van Koring

©Chris Daly

Die gemiddelde produksie van koring per hektaar hang af van klimaatstoestande, die area waar die koring geproduseer word, die verskeidenheid koring en die gehalte van die grond. Opbrengste kan gemiddeld 2.5 ton/ha op droëland en sowat 5 ton/ha op besproeide lande wees. 

Klassifikasie van Koring

Koring in Suid-Afrika word tradisioneel geklassifiseer in vier grade volgens die proteïeninhoud, hektoliter massa en valgetal. Die proteïeninhoud dui op die bak gehalte van die koring. Hektolitermassa is die gewig van 'n standaard volume van koring. Die valgetal is 'n meting wat die effek van ensieme op die koring gehalte meet.

Om as B1 te kwalifiseer, moet die koring wat gebruik word 'n minimum proteïeninhoud van 12% hê, hektoliter massa van 77 kg/hl en valgetal van 220 sekondes. Die vereistes word afgeskaal na B2, B3 en B4 toe met net 8% proteïen, 70 kg/hl en 150 sekondes vir die nuttige graad. 

ʼn Nuwe graderingstelsel, wat in 2019 bekend gestel is, word gebruik om koring produksie se winsgewendheid te verbeter. Op grond hiervan is 'n nuwe super graad geskep vir koring met 'n proteïeninhoud van hoër as 12% om koring onder besproeiing te akkommodeer. Die proteïeninhoud vir tradisionele grade sal afwaarts aangepas word van 12% tot 11.5% vir Graad B1, van 11% tot 10.5% vir Graad B2 en 10% tot 9.5% vir Graad B3.

Die prys verskil tussen die grade is ook afwaarts aangepas, met die verskil tussen B1 en B2 wat gekrimp het tot 1% in vergelyking met in die verlede toe dit so groot soos 4% was. Die prysverskil tussen B1 en B3 sal dan krimp tot net 3%. 

Stoor van Koring

©Eric Miller

Terwyl arm boere sonder hulpbronne hul koring in verskillende tipes houers (van konvensionele sakke tot ondergrondse putte) kan stoor, is die ideaal om die koring so gou as moontlik in lugdigte graan store te kry om na-oes verliese, wat veroorsaak word deur swamme, vog of parasiete, te verminder.

In Suid-Afrika kan boere graan-stoor-sakke gebruik om verliese te verminder terwyl hulle wag vir vervoer om die koring te versamel. Hulle kan ook silo's op hul plaas of koöperatiewe silo's gebruik om die koring vir langer tydperke te stoor.

Om koring in silo's te stoor is makliker gesê as gedaan, want die koring moet op die regte humiditeit en temperatuur gestoor word om te verhoed dat dit verrot. Dit moet ook beskerm word teen knaagdiere en ander peste wat verliese kan veroorsaak. 

Translated by Wilma Koeppen