Vye Variëteite

© Tortie Tude

Vye wat een van die oudste vrugte in die wêreld is, is hoofsaaklik in Suid-Afrika geplant vir die maak van konfyt en om dit te droog, maar in die 2000's is vye kultivars wat geskik is vir die uitvoer van vars vrugte om te eet geplant. 

Vars vye moet 'n raklewe van ongeveer 'n week hê vir die vervoer daarvan, terwyl gedroogde vye meer geskik is vir aanplanting in droër streke van Suid-Afrika.

Vye variëteite wissel van baie klein en byna rond tot groot peervormige byna langwerpige vye soos in die geval van die piesang vy.

Vy kleure kan wissel van amper swart met donker-rooi vleis na geelgroen met ligpienk tot byna wit vleis.

Die name van vye kultivars kan verwarrend wees as gevolg van variëteite wat onder verskillende name in verskillende lande bekend is. Daar kan soveel as 700 kultivar name wees maar baie is sinoniem.

Sommige van die belangrikste kommersiële vye word hieronder beskryf:

Donker–vel Vye

©Louise Brodie

Suid-Afrika se vlagskip vyeboom variëteite is ‘Parisian / Evita’. Dit is die mees wyd aangeplante verskeidenheid in Suid-Afrika. Die klein tot medium vrug het ʼn pers vel en rooi vleis met 'n uitstekende eetgehalte en goeie raklewe

Die klein ‘Ronde de Bordeaux’ vye ook bekend as ‘Eva’ produseer mengeldrankie-grootte vye vroeg in die seisoen. Sommige aanplantings van 4ha word in Porterville gevind.

Een van die eerste variëteit vye wat in Suid-Afrika aangeplant is, is die laat-draende mediumgrootte 'Adam'. Dit het ʼn pers vel en donker-rooi vleis. ‘Adam’ is 'n goeie eetbare vy en geskik vir droging maar die vervoer van die vye is nie goed vir hulle nie. Soortgelyk in voorkoms, maar met 'n swart-rooi vel, word die 'Swart Genua' vroeër ryp as 'Adam' en word beskou as 'n middel van die seisoen vy. 

'Tangiers' is 'n groot vy met 'n baie goeie smaak en raklewe. Hulle is ook baie goed om te droog. Hierdie variëteit word in Piketberg, Hermon, Napier en Prins Albert geplant.

ʼn Laat-seisoen vye met diep rooi vleis, die 'King' vy, produseer klein vye wat geneig is om oop bars. Aanplantings geskied in Worcester, Ladismith en Oudtshoorn.

'Black Mission' het 'n pers tot swart vel met rooi vleis en 'n uitstekende ‘vye’ smaak.

Die 'Cape Black' produseer klein ronde vye met 'n pers-swart vel met wit vleis. Die swaar draende vyeboom is 'n gewilde konfyt vy wat saam met die vel verwerk word.

Die kakie gekleurde 'Cape Brown’ is een van die oudste vye in Suid-Afrika en is maklik herkenbaar aan sy lang stam. Dit is 'n gewilde eet en konfyt vy.

Die gewilde 'Brown Turky’ eet vy word bemark as 'n vars vy en word geproduseer in Turkye, die VSA en Israel.

Ligte-vel Vye

'Calimyrna’ is 'n bonkige wit vy met wit vleis en is die gewildste gedroogde vy wat gebruik word in Turkye en die VSA. As gevolg van die kompleksiteit van die bestuiwing word dit nie aanbeveel vir kommersiële boerdery in Suid-Afrika nie.

Die meer groen as pers 'Dauphine' produseer baie groot breba vye wat tot 240 gm. weeg. Hierdie variëteit word net in Napier in die Overberg in Suid Afrika geplant.

Die klein en vroeg-ryp 'Cape White’ is 'n baie ou vy variëteit in Suid-Afrika. Dit het 'n groen vel en ligte pienk vleis en is gewild vir gebruik in konfyt.

Die groen-vel 'Kodota' het wit tot pienk vleis en is 'n baie soet vy. 'Kodota’ kan met die vel aan geëet en verwerk word en word in die vroeë tot middel-seisoen geoes.

Die groen-vel 'White Genoa' is 'n gewilde vy vir sy aansienlike breba oes en word gebruik vir konfyt.

'Deanna' wat in Suid-Afrika ingevoer word deur die Landbounavorsingsraad Infruitec, is 'n produktiewe draer van groot geel groenvye. Dit produseer vye met 'n uitstekende vars eet kwaliteit, het 'n lang raklewe en is geskik vir beide droging en die maak van konfyt.

Translated by Wilma Koeppen