San Way of Life

© Karl Svendsen

Jagter-versamelaar Leefwyse

Op verskillende tye en plekke, het San-sprekers op verskeie maniere geleef; die Kalahari San is nie noodwendig tipies van alle San nie en selfs in die Kalahari groepe kan lewenstyle verskil. Nietemin skep studies van Kalahari groepe, byvoorbeeld die Ju / hoasi en die G / wi,  'n algemene beeld van die jagter-versamelaars lewe.

ʼn Verdeling van arbeid tussen mans en vroue is sentraal tot die ekonomie. Plantaardige voedsel is die dieet stapelvoedsel en vroue die hoof versamelaars wat deskundige kennis van die veld het.

Hulle weet wanneer en waar hulpbronne soos spanspekke, knolle, en bessies te vinde is. Vroue versamel ook of vang klein fauna soos reptiele, voëls en klein bokkies in strikke. Terwyl hulle besig is met die versameling hou hulle die bewegings van die groot wild dop en dra die inligting oor aan die mans wat jag. Mans kan ook kos versamel, veral in die lae jagseisoen. Versamelde kos word versprei onder die versamelaar se gesin, terwyl die groter wild wat deur die mans gejag is verdeel word tussen die hele groep.

Die formidabele reputasie van die San as deskundige jagters is te danke aan hul uitstekende spoorsny vermoëns en hul vernuftige jagtegnieke. San spoorsnyers kan ʼn spoor oor feitlik elke land oppervlak volg en selfs 'n gewonde bok se spoor tussen die van 'n hele trop volg totdat die dier uiteindelik die trop verlaat en sterf.

Jagters gebruik ʼn pyl en boog en druk die pyle se punte in gif wat van kewers of slange afkomstig is en wat  nie die vleis vergiftig nie. Dit neem gewoonlik tyd voor die gif werk wat die dier kans gee om partykeer oor aansienlike afstande van sy aanvallers af weg te kom en daardeur geskoolde spoorsnyers noodsaaklik maak.

San se Jag Vaardighede

San pyle is slim dodelike instrumente. Vandag, soos in vroeër tye, bestaan hulle ​​uit vier komponente. Die punt wat gemaak  word van been of klein stukkies klip wat vaardig afgeskilfer is word nie meer gebruik nie, maar vandag word plat naels of stukke draad gebruik. Die punt is toegerus met ʼn skakel wat aan albei kante afgeplat is en in plek gehou word deur 'n riet kraag. Die skakel is aan die skag vasgemaak op so 'n wyse dat wanneer die pyl sy teiken tref  die impak die skakel vry van die skag laat breek en dit die waarskynlikheid van die kop wat loswikkel verminder want daar is minder gewig wat daaraan hang.

Dit beteken ook dat die dier nie die punt maklik teen 'n boom kan afvryf nie. Die gif word net agter die punt aangesmeer en die pylpunt moet vir 'n geruime tyd in die dier bly om te verseker dat die gif voldoende in die dier se  sisteem opgeneem word.

Die man wat die eienaar is van die pyl wat die dier gedood het het die voorreg gehad om die vleis volgens reëls van verwantskap te versprei om te verseker dat almal 'n gedeelte ontvang. Belangrike kenmerke van die San gemeenskappe is hulle mededeelsaamheid en die relatiewe gelykheid van alle lede van die groep. Hoewel San groepe nie politieke leiers gehad het nie is leierskap  volgens senioriteit en vermoë erken.

In tradisionele San gemeenskappe het die man saam met die bruid by haar ouers gebly wanneer hulle getrou het.  Daar was baie reëls van respek wat nagekom moes word tussen die egpaar en hul onderskeie skoonfamilies, terwyl diegene wat deur 'n generasie (soos grootouers en kleinkinders) geskei is toegelaat is om ʼn grappige verhouding te hê waarin minder formele optrede  gepas was. Die San is bekend vir hulle liefde vir en welwillende houding teenoor kinders.

Tipies sal die groep seisoenaal verdeel in kleiner familie-eenhede (gewoonlik wanneer water en kos skaars en yl  versprei was) en sou hulle in 'n latere stadium weer by mekaar aansluit. Geformaliseerde geskenk gee, wat hxaro deur die Ju / hoasi genoem is, is 'n manier van die handhawing van wedersydse verhoudinge tussen vriende en familie beide in en buite die groep.

Dit skep 'n web van ondersteuning en toegang tot hulpbronne oor groot gebiede. Die belangrikheid van die San se verwantskap stelsels weerklink in godsdienstige oortuigings mites en stories en die beskeidenheid in hulle rotskuns.

Translated by Wilma Koeppen