Ntwana Huise

Wonings by Kwarrielaagte

©Dr Peter Magubane

Die wonings by Kwarrielaagte weerspieël die algehele gevoel van die gemeenskap en solidariteit onder die Ntwana. Hul huise is mikro-kosmosse van die groter gemeenskap en verteenwoordig die private wêreld van die gesin binne die breër samelewing. Toegang tot die gemeenskaplike binnehof (kgoro) om die huise is via openbare paaie wat uitstrek by elke tweede of derde alternatiewe woning.

Ntwana vroue is geregtig op hul eie huise na die geboorte van hul eerste kind. In gevalle waar 'n man meer as een vrou (die Ntwana is poliginiese) het word twee of drie meer huise aangrensend aan mekaar gebou. Ntwana vroue versier die buitenste en binneste belangrikste mure wat die binnehowe van die opstal omraam.

Die mure word gepak en gepleister deur die vroue en bestaan uit sand/grond, mis van die diere en growwe aggregaat klip. Hulle word versier aan die einde van die oes in die begin van die droë seisoen en in die tydperk tussen die oes van die gewasse en die saai van die volgende jaar se oes.

Muurskildery versiering is een van die eerste take wat deur 'n nuwe bruid uitgevoer word, maar dit is nie noodwendig 'n eensame taak nie omdat vroulike familielede dikwels hand bysit. Rooi, wit en swart gekleurde grond (limo), word gebruik om die mure te versier en dien as 'n beskerming teen heksery. Sodra hierdie pigmente gekombineer is verf die vroue die mure met hul vingers of met stokke.

In teenstelling met die kleurvolle Ndebele muurskilderye se skouspelagtige ontwerpe is die Ntwana muur versierings yl, minimalistiese en monochromaties, wat bestaan uit fyn meetkundige patrone of oorkruisende motiewe. Terwyl dit die doel is om die opstal te verfraai word daar ook geglo dat die grondtipes gevul is met medisinale, beskermende of genesende funksies.

Dieselfde drie kleure (rooi, wit en blou/swart) kom voor in alle aspekte van die Ntwana materiële kultuur en verskillende elemente wat óf konseptueel of visueel geassosieer word met die drie kleure. Dit word op groot skaal in beide rituele en alledaagse situasies gebruik. Die drie kleure kom of voor buite die konteks van deurgangsrites en formele sosiale rituele.

Dit kom voor op die Ntwana vroulike klere, in die kralewerk van die voor en agter voorskote, en op die rosette gedra aan die kant van Ntwana vroue se koppe. Verder word die grond bestanddele gebruik op die Ntwana opstal se mure as 'n magiese, godsdienstige middel en beskerming teen beide natuurlike en mistieke oorsake van ongelukke.

Translated by Wilma Koeppen