Nelson Mandela Vroeë Jare

’n Verbeelde Playboy Beeld

©Eric Miller

Teen die einde van die 1950s was Nelson Mandela ’n diep toegeweide leier in die ANC. Hy was die dryfkrag in die ANC se Jeugliga, wat die organisasie gehelp het om te moderniseer en konfrontasie met die Apartheidregering teweeg gebring het om verandering te bring in die nasionale leierskap in 1949.

Hy was die hoof vrywilliger van die Defiance Campaign in 1952 en hy was as leier gekies in die Transvaal provinsie en was daaruit geforseer deur regeringsverbanningsorders, seder Desember 1956 was hy een van die beskuldiges in die deurlopende Verraad Verhoor. Ten spyte van dit alles het ’n playboy-beeld aan Mandela vasgeklou.

Hy was nie heeltemal ernstig oor sy politiek nie, was die gefluister in sommige ANC sirkels. Hy was anders as die ander leiers: lank, mooi gebou en aantreklik en sy vrou in sy tweede huwelik, was die pragtige en glansryke Winnie. En, natuurlik, hy het die ongewone status gehad as een van die min swart mense wat gekwalifiseer het as ’n prokureur.

Gewaag Om Terug te Praat

Soos wat die jare aangaan kon nie verbeelde beeld nie verder van die waarheid gewees het nie. Mandela het homself wetend en willende in die kookpot van die politiese beweging geplaas in ’n tyd toe wit mag totaal was en swaar straf gewag het op enige persoon wie teen gestaan het of selfs gewaag het om terug te praat.

Mandela het dit reeds in die landdroshowe ervaar waar hy en sy ANC kollega, Oliver Tambo, saam beoefen het. Hulle firma het bestaan uit ’n paar kantore in die Kanseliershuis, oorkant die straat van die groot hoofgebou in Foxstraat, Johannesburg. Dit was om die draai van die kelderkantore van die ANC. Al die landdroste was wit en dit was nie maklik om voor hulle te verskyn nie.

Die landdroste was oor die algemeen op hul beste ongemaklik en op hul slegste vyandig wanneer hulle met ’n swart prokureur gewerk het. Hulle moes hoflik in die hoof wees, maar dit was duidelik dat sommige nie daarvan gehou het om ’n swart man met beleefdheid en soos ’n gelykstaande in die wet te hanteer nie. Wanneer Mandela voor hulle verskyn het, was hy hoflik, maar hy het dit duidelik gemaak dat hy sy grond staan.

Translated by Nina Joubert