Mandela en Benjamin Pogrund se Familie

© Eric Miller

Mandela se Goedgesindheid

My familie het Mandela se goedgesindheid eerstehands ervaar. In Januarie 1986 het my seun, Gideon, op die ouderdom van dertien sy bar-mitzvah, die Joodse ritueel wat die oorgang na manlikheid merk, gevier. Ek het ’n paar weke vroeër vir Mandela by die Pollsmoor-gevangenis gaan besoek en hom daarvan vertel. Hy moes seker baie moeite gedoen het om kwaliteit papier in die hande te kry en het daarop goeie wense aan Gideon geskryf.
Vier jaar later, toe Mandela uit die tronk vrygelaat is, het ek hom uit Londen waar ons gewoon het, gebel. Nadat ek hom verwelkom het aan vryheid, het ek die telefoon aan Gideon gegee wat begin het met 'Hello mnr. Mandela' - en terug het die diep, bloeiende stem geantwoord: “Wat is dit met ‘mnr. Mandela’? Noem my oom Nelson.” Dit het sterre in Gideon se oë gelos.
Latere jare het Mandela uit sy pad gegaan om my dogter, Jennifer, te help. Hy het haar in staat gestel om saam met hom op Afrika-presidensiële vliegtuie te vlieg toe hy in 1991 vir die eerste keer in dertig jaar Wes-Afrika besoek het. Daardie tyd was hy op soek na ondersteuning vir die ANC nadat hy uit Suid-Afrika uitgesluip het. Nou het hy ikoniese status en is hy warm begroet. Sy het ’n dokumentêr oor sy besoek, genaamd 'The Last Mile: Mandela, Africa and Democracy', vervaardig en dirigeer. In een toneel staan hy op Goree Eiland, langs die kus van Dakar waarvandaan miljoene slawe na Amerika gestuur is. Dit bevat ook ontspanne en persoonlike oomblikke soos wanneer hy gepraat oor sy lewe en sy hoop op die demokrasie wat in Suid-Afrika nog kom.

Translated by Nina Joubert