Leaf Scorpionfish
Vuurvis

© Johan Boshoff

Alemene familienaam

Vuurvis, Blaarskorpioenvis

Alias

Papiervis

Wetenskaplike naam

Taenianotus

Grootte

Tot 10 cm, gemiddeld 8 cm.

Identifikasie

Plat liggaam met ‘n klein koppie. Seil-agtige rugvinne begin reg bokant die oog en is aaneenlopend tot by die stertvin. Kleur varieer van bont met bruin,geel, room, rooi en swart.

Algemene Inligting

Die Taenianotus genus bestaan uit een spesies. Moeilik om te sien weens die kamoeflerende kleure. Rus op die rugvinne op koraal of rots en beweeg met die deining van die water, sodat hulle baie soos ‘n stuk papier lyk. Hulle vervel van tyd tot tyd. Lokval-jagter. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein vissies en skaaldiere soos garnale en krappe.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Papiervis (Taenianotus triacanthus)