Identifikasie van die Swartrug Jakkals
Om predasie effektief te bestuur, moet hierdie diere wat soveel skade veroorsaak reg geïdentifiseer word. Byt merke, been skade, voedings patrone, spore en stukkies van hulle hare moet als na gekyk word om die skuldiges te identifiseer.
Swartrug Jakkals
Die swartrug jakkals lyk soos ʼn hond. Hulle het donker gevlekte hare op hulle rug, ʼn swart stert en taamlike groot gepunte rooierige ore. Hulle groei tot die hoogte van 115 sentimeters en die volwassenes weeg tussen 7 en 10 kg. Hulle spore lyk soos hondespore, is ovaalvormig, wys toonnael merke en die lengte van die tree is wyer as die breedte.
Swartrug Jakkalse is nagdiere, en afhangende van die seisoene jag hulle op hulle eie of as deel van die familie. Die eerste tekens dat dit paartyd is is wanneer hulle tussen Mei of Junie meer tjank, en minder sodra hulle begin teel om nie te verklap waar hulle denne is nie. Die getjankery kan geskied naby hulle den met sons opkoms en ondergang, maar tydens die dag op enige plek waar hulle besig is om te jag of aan die kante van hulle verblyf areas. Tydens die teel seisoen word hulle baie teritoriaal en kan hulle selfs klein jakkalsies van vorige teel seisoene wegjaag. Die wyfies dra die kleintjies vir omtrent 63 dae, waarna hulle van Augustus tot September geboorte skenk. Die kleintjies word gebore in ʼn donker den onder die grond. Die wyfies bly by die kleintjies gedurende die eerste 3 weke terwyl die mannetjies kos moet gaan kry en dit na die den toe moet bring. Partykeer moet die jong jakkalsies van die vorige seisoen help deur ook kos aan te dra.
Teen die tyd wat die kleintjies 4 weke oud is word hulle na ʼn nuwe den verskuif. Die kleintjies bly naby die den totdat hulle oud genoeg is so teen Januarie, Februarie om saam met die volwassenes te gaan verken. Swartrug Jakkalsies is oud genoeg om op hulle eie die area te gaan verken teen Maart, April. Hierna sal hulle nog steeds naby die kerngebied bly waar hulle net die gate sal gebruik as hulle moet vlug.
Doodmaak en Voed Patroon
Die Swartrug Jakkals jaag gewoonlik hulle prooi en byt hulle aan die kant van die kop. Daar kan duidelike bytmerke tussen die oog en die oor van die prooi gesien word, of die oor van die prooi kan beskadig wees. Daar kan ook bytmerke wees op hull agterbene of aan die uiers.
Hulle vang gewoonlik slegs een dier op ʼn keer, wat diere insluit soos lammetjies, swak skape en selfs koeie en kalwers. ʼn Jakkals mag ook ʼn koei aanval wat besig is om te kalf en aan die kalfie begin eet terwyl hy gebore word of begin eet aan die koei se uier en die binnekant van sy agterbene terwyl hy kalf.
Hulle eetpatroon is om te begin eet aan die lies of maag van die prooi, waar hulle dan ʼn stuk vel los wat oor die uitgeholde stuk vleis lê. Hulle sal die ingewande en maag van die liggaam, asook die sagte binnegoed soos die hart, lewer en niere vreet. Die punte van die ribbe kan ook aan gekou word. Hulle verwyder nie gewoonlik die karkas van die plek waar hulle die dier doodgemaak het nie.
Bestuur
Predasiebestuur moet gemik wees op die individue wat al die skade veroorsaak. ʼn Jakkals afskrikmiddel heining van omtrent 1.2 meter hoog met ʼn opening van 74 mm, elektriese heining, geraas, ligte en reuk afskrik middels, wagdiere, wagters wat skape oppas en krale vir diere kan almal help om verliese van lewendehawe te voorkom.
Boere wat in die nag wil jag of jaghonde wil gebruik om die jakkalse dood te maak moet vir permitte aansoek doen by hulle plaaslike Natuurbewarings Department.
Translated by Wilma Koeppen