Huwelike in die Basotho Gemeenskap

Trou Prosesse

©Dr Peter Magubane

Gereël huwelike was 'n algemene gebruik onder Basotho leiers en hoofmanne se kinders; afkoms en verwantskap bande was belangrik om die sosiale en wetlike verhoudings te reguleer. Die seuns se pa het gewoonlik die huweliksaanbod aan die meisie se ouers voorgestel. As hulle ontvanklik was, het hy vir 'n kalbas vol water gevra.

As haar ouers ingestem het, het die seun met 'n paar vriende die meisie formeel besoek. As sy ingestem het met die parery het sy vir hom 'n serp (Moqhaka) gegee. Sy het dan normaalweg vir hom kos aangebied wat hy geweier het, sodat daar nie gesê kan word dat hy daar is vir kos en nie liefde nie.

Hoewel die paartjie soms nie voorheen ontmoet het nie, het hulle gewoonlik saamgestem met die keuse wat gemaak is, maar in vroeër tye moes hulle met die huwelik aangegaan het of hulle daarvan gehou het of nie. Meer onlangs het 'n groter toegeeflikheid ontwikkel - vandag is individuele keuses die norm en baie ongetroude vroue word moeders.

In die verlede was die huwelik geformaliseer deur die oordrag van Bohali (bruidskat) van die bruidegom se naasbestaandes na die bruid se naasbestaandes. Betalings van beeste en ander vee het te kenne gegee dat kinders van die vader se familiestam sou wees en nie van die ma se familiestam nie. Die aantal Bohali was min of meer vasgestel op 20 beeste, een perd, en 10 skape of bokke, maar dit is selde ten volle betaal. Na 'n oordrag van tot 10 beeste, het verdere betalings gehelp om 'n bondgenootskap van wederkerigheid en vriendskap tussen die twee groepe te bepaal.

In die verlede sou 'n troue gehou word kort nadat die huwelik gereël is. Tot dan, is die paartjie nie veronderstel om seksuele omgang te hê of saam te leef nie. Vandag kom baie huwelike voor na die paartjie weggeloop het of wanneer die man en sy vriende die meisie ontvoer (shobela) en na sy huis geneem het, waar sy verwelkom is asof 'n huwelik plaasgevind het.

'n Dier kan selfs vir die geleentheid geslag word, terwyl die bruid se trouskat agter aan aangestuur word. Die eerste Bohali oordrag, van ses beeste of hul kontantekwivalent, is 'n erkenning deur die bruidegom dat hy seksuele verhoudings met sy vrou gehad het, maar hy het nie die reg om haar kinders te eis as lede van sy familie groep nie toatdat hy ten minste 10 beeste (of hul kontant ekwivalent) oorgedra het aan haar familie en in die openbaar bekend gemaak is.

Die Bruid se Verantwoordelikhede

Vandag word daar nog steeds nie van 'n nuwe egpaar verwag om hulle eie huis te besit nie. Die bruid woon saam met die bruidegom se ouers. Sy kook, help met take en werk in die veld en is te alle tye gehoorsaam aan haar skoonpa se reëls  en met respek (hlonipho) vir hom noem sy nie sy naam of enige woord wat soortgelyk is en klink soos sy naam nie.

In die verlede kon 'n man aansoek doen vir land en 'n bouperseel aan die begin van die eerste seisoen na die huwelik, en stadig  het die nuwe huishouding se onafhanklikheid in die uitgebreide familie struktuur ontwikkel.

Druk op die te kort van land vandag beteken dat hy veel langer as 'n jaar kan wag. Daar is egter baie bruide wat dit teenstaan, en onmiddellik hul eie huishoudings na die huwelik eis. 

Translated by Wilma Koeppen