Haas Boerdery vir Voedselsekuriteit

©Judy Stuart
Hase kan die antwoord wees op die voedselveiligheidsbehoeftes van Afrika se landelike en nie-stedelike gebiede waar daar ’n groot sektor werklose en ondervoede mense is. Sukkelende gemeenskappe kan volhoubare voedselproduksiemetodes aangeleer word wat gebaseer word op reën oes, die plant en groei van groente en die aanhouding van hase in kampe om aan hulle die proteïne wat goed is vir gesondheid te bied.
Baie landelike gebiede het vele bejaardes en kinders in die gemeenskap. Beeste, bokke en skape is nie vir hulle maklik om te bestuur nie, terwyl hoenders onprakties is omdat hulle voer benodig wat vir menslike voedsel gebruik kon word.
Voordele van haasboerdery is veelvuldig: hase het die hoogste proteïen-inhoud van alle vleis waarmee geboer word, en daarom gaan ’n klein hoeveelheid vleis vêr in die voorsiening van voedingswaarde. Tweedens benodig hulle baie minder spasie as enige ander vleis produsasie en hulle is ook maklik om te hanteer.
Hulle kan gevoer word uit die groentetuin en oorskiet soos ou brood en pap gegee word. Dit is egter uiters belangrik dat gemeenskappe mentorskap ontvang. Hase moet in hokke aangehou word en is daarom van bestuur afhanklik, anders kan hulle ’n stadige, aaklige dood sterf.

Om mee te begin sal jy water, ’n groentetuin en bestuur nodig hê. Reënwater moet gevang word met die hulp van eenvoudige lei-sisteme na dromme en watertenks. Opgevangde water word dan gebruik vir die besproeiing van die groentetuin, wat regdeur die jaar produktief moet wees. Groente en kruie moet geplant word en in konstante toevoer wees. Wortels en spinasie is uitstekende voer – die toppe en stingels gaan aan die hase. So ook kan blomkool, sommige kool en beet ook gevoer word.
Pietersielie is ook ’n uitstekende voer en tonikum, terwyl wilde aarbeie ’n noodsaaklike medikasie is. Brandnetel maak goeie hooi. Hooi kan gesny word van jong, wilde grasse en is noodsaaklik vir hierdie tipe voersisteem. Die mis van hase kan reguit teruggaan na 'n komposhoop, of dit kan selfs direk op die groente gebruik word as 'n vorm van kunsmis.
Die kleintjies van hase wat op hierdie manier geboer word, kan gebruik word om die gesin te voed, verruil word vir ander goedere en produkte, of as broeivoorraad gegee word aan nuwe potensiële boere - wat op hul beurt weer korrek geleer word.

Die pelse van die geslagte hase kan handgelooi word, of versamel word en by leerlooierye afgelewer word. Dit hang van die kwaliteit van die pels af. Slegs hoë kwaliteit pelse kan kommersieel gelooi word en dit kan ’n duursame proses wees.
Baie tradisionele uitrustings benodig repies pels, so haaspelse van die regte kleur, soos byvoorbeeld die New Zeeland Reds, kan in kleding gebruik word. Die pelse kan verwerk word tot pantoffels, karosse of hoedens.
Die pote en koppe kan in sleutelhouers omskep word en aan toeriste verkoop word. Behalwe dat die hase vleis verskaf, kan die verwerking van die haaspelse ’n bykomende inkomste vir die gesin skep.

Translated by Nina Joubert