Die Pedi van Suid Afrika

© Dr Peter Magubane

Pedi Migrasie

Volgens mondelinge oorlewering kan die Pedi se herkoms teruggevoer word na die Maroteng, 'n uitvloeisel van die Kgatla, wat vandag 'n belangrike deel van die Tswana uitmaak. Daar word geglo dat die Maroteng  eeue gelede, rondom 1500, naby die oorsprong van die Vaal gewoon het. Onder Hoof Tabane het hulle na hedendaagse Skilpadfontein naby Pretoria gemigreer.

Volgend legende het Tabane se kleinseun, Motsha, sy gunsteling vrou Mmathobele daarvan beskuldig dat sy geboorte geskenk het aan 'n kind wat gehuil het toe hy nog in haar skoot  was (wat blykbaar 'n teken van toordery was). Die oudstes het daarop aangedring dat die ma en kind doodgemaak word. Om dit te voorkom het Thobele wat Motsha opgevolg het daarin geslaag om weg te breek. Hy en 'n groot gevolg  insluitend Mmathobele en haar kind het oos gegaan en die Olifants (Lepelle) Rivier oorkruis naby die hedendaagse Marble Hall.

Hulle het hulle in 1650 langs die Steelpoort (Tubatse) River gevestig. Terwyl hulle die Leoloberge oorkruis het, het hulle 'n ystervark pen op 'n miershoop gevind en dit gesien as 'n goeie teken. Van toe af het die Maroteng  die ystervark (Noko) as hul totem aangeneem en 'n kenmerkende identiteit ontwikkel. Met verloop van tyd het die Maroteng oor 'n breë streek geheers.

Daar is verdeelde mening oor hoe die Pedi hulle naam gekry het. Een teorie is dat die naam 'n korrupsie van Vhambedzi is, die naam van 'n Venda-groep wat in die Leoloberge bly. Daar word geglo dat hulle die groot getalle Maroteng indringers hul vaardighede in yster-smee geleer het. In die proses is die Vhambedzi geleidelik in die stam opgeneem en die gevolg van hierdie mengsel is toe bekend as die Pedi.

Translated by Wilma Koeppen