Die Diversifikasie van die Tswana

Die Tswana se Vroeë Oorsprong

©Dr Peter Magubane

Min is bekend oor die vroeë oorsprong van die Sotho's van wie die Tswana nou deel vorm. Volgens mondelinge oorlewering, was hulle onder die Bantoe-sprekers wat uit die omgewing van die Oos-Afrikaanse Groot Mere (Victoria en Tanganjika) gekom en hulle weg suidwaarts gevind het tydens migrasies oor baie eeue heen. Tradisie het dit ook dat hulle van 'n gemeenskaplike stam gekom het en later opgebreek het in verskeie stamme.

Soos die Basotho is hul vestigingspatrone en plekke van verblyf geraak deur die oorloë van die vroeë 1800's in die tyd toe Shaka se mag toegeneem het. In teenstelling met die Basotho het hulle aparte hoofmanskappe gevorm (daarna bekend as stamme in koloniale omgangstaal wat vandag voortduur in Botswana) eerder as 'n enkele stam, en het hulself in die droë weste van die land gevestig waar hulle San-mense gevind het wat reeds daar toevlug geneem het om weg te kom van nomade wat in hulle jag gebiede ingekom het.

Tswana Nedersettings

Onder die vroegste om hulle te vestig in die oostelike vrugbare dele van hedendaagse Botswana was die Kgalagadi. Nadat die voorouers van die Rolong en Tlhaping hulself  langs die bolope van die Moloporivier gevestig het en geleidelik na die suide en weste geskuif het het hulle die Kgalagadi en San in die gebied geabsorbeer. Diegene wat inlywing teengestaan ​​het is gedwing om diep in die uithoeke van die Kalahari-woestyn in te trek waar hulle nageslag vandag nog gevind kan word.

Die gebied rondom die hedendaagse Rustenburg, Zeerust en Lichtenburg in Suid-Afrika  se Noordwes provinsie is die plek waar die Hurutshe, Kwena en Kgatla hulle gevesig het en wie se nedersettings vandag nog ʼn sterk Tswana teenvoordigheid weerspieël. Hierdie teenwoordigheid is ewe sterk, maar meer verspreid en minder duidelik sigbaar, regdeur die stede van die Gauteng Provinsie.

Bewyse dui daarop dat die voorouers van 'n paar van vandag se Tswanas op die Hoëveld al van ten minste die 17de eeu hier woon. Die tydperk van toe tot in die vroeë 19de eeu is gekenmerk deur herhalende politieke her- groeperings en regerende-groep afsplinterings. 

Junior lede van 'n hoofmanskap se regerende familie het dikwels weggebreek met hul volgelinge om 'n nuwe groep te vorm wat dan die nuwe leier se naam vir die groep aangeneem het.

Vanaf ongeveer 1810 is die tendens egter ingekort deur twee faktore nl. die onrus wat geskep is deur Nguni-sprekende en ander indringers tydens die Shaka oorloë; en die gevaar van grond onteiening wanneer wit setlaars in die gebied inbeweeg het eerstens op soek na grond en beeste en later op soek na arbeid vir die nuwe diamant en goud mynbou-industrie.

Beide faktore bedreig plaaslike kapteinskappe se soewereiniteit en het gelei tot 'n nuwe tendens vir digter nedersetting in groter verdedigende politieke eenhede as voorheen. Met politieke afsplintering wat baie moeiliker en onveiliger geword het, het bestaande kapteinskappe groter gegroei en dikwels rondom groot dorp soos nedersettings, in wat vandag bekend staan as stamme, gekonsolideer.

Translated by Wilma Koeppen